Demand



Oorbrugging van die verskaffings gaping vir veevoer vereistes



Instructions:

Folio strap: Nuwe Tegnologie

Byline: Wessel Lemmer, senior ekonoom, Graan SA



Grabber: Vir Afrika, skep die globale biobrandstof ontwikkeling geleenthede om die uitstekende aansporingsbonus te regverdig. Entrepreneurs mag in die toekoms aan hierdie ekonomiese aktiwiteite deelneem en sodoende mense instaat te stel om hulle lewensstandaarde oor tyd te verbeter.



Intro: Indien lande in die noordelike halfrond ernstig is oor die voorstelling van biobrandstof, moet hulle hul aandag vestig op die ontwikkeling van hierdie geleenthede in die suidelike halfrond. Verder, word dit verwag dat die globale vraag vir graan en oliesade binne die volgende 20 - 30 jaar sal verdubbel. 



Ten einde in die vraag na brandstof en veevoer vir die toekoms te kan voorsien, moet Europa die natuurlike potensiaal in Sub-Sahara Afrika oorweeg. Die voorkoms van natuurlike hulpbronne sal Afrika lande instaat stel om veevoer teen ‘n laer koste per eenheid te produseer. Hierdie koste voordele word moontlik gemaak deur uitstekende klimaat en grond, veral in lande so Angola, Mosambiek en Zambië. Vryemarkbeginsels moet egter gerespekteer word deur Sub-Sahara lande wanneer beleggings gelok word, bv. deur beginsels soos eiendoms regte te eerbiedig. 



Om ekonomiese aktiwiteite tot optimale vlak te kry en om hulpbronne optimaal te benut in die ekonomie, moet ons instaat wees om hulpbronne te verhandel vir die hoogste bruikmiddel in die ekonomie. Slegs dan sal ons instaat wees om die nodige effektiwiteit in Sub-Sahara Afrika streke te kan produseer. Suid-Afrika is ‘n leierland in Sub-Sahara Afrika waar vryemark beginsels eerbiedig word. Sub-Sahara Afrika het Suid-Afrika nodig om vir die res van die wêreld te demonstreer dat ons daartoe instaat is om ‘n stabiele en beleggingsvriendelike omgewing, wat positief is vir ekonomiese groei, kan ondersteun. Indien Suid-Afrika nie slaag om die noordelik halfronde te oortuig dat ons die vermoë het om infrastruktuur saam met behoorlike aansporingsbonusse uit ons eie hulpbronne te ontwikkel nie, sal ons ander Sub-Sahara lande in die steek laat om die huidige biobrandstof ontwikkelings tot volle potensiaal aan te gryp.

 

Vir Afrika, skep die globale biobrandstof ontwikkeling geleenthede om die uitstekende aansporingsbonus te regverdig. Entrepreneurs mag in die toekoms aan hierdie ekonomiese aktiwiteite deelneem en sodoende mense instaat te stel om hulle lewensstandaarde oor tyd te verbeter. Dit moet egter nie net wees vir ruilhandel vir voedsel, of om eie voedsel te produseer nie, maar om ‘n addisionele inkomste te hê om op luukshede te spandeer. 



Hoekom moet ons die gulde geleentheid vir ontwikkelings laat verby gaan? Suid-Afrika het ‘n verantwoordelikheid teenoor die res van Afrika se ontwikkeling. Deur die ondersteuning van biobrandstof ontwikkelings in Suid-Afrika, sal ons die voedsel sekuriteit verhoog. Suid Afrikaanse produsente het nie nodige vaardigheid en ekstra produksie kapasiteit ontwikkel, maar het ‘n gebrek aan markte om hul produkte te bemark. Die ontwikkeling van die biobrandstof industrie mag die ontwikkeling van ‘n groter kommoditeit mark ondersteun. In die proses sal ons ‘n kritiese hoeveelheid kundigheid opbou wat na die res van Afrika uitgevoer kan word. Die koste om die industrie daar te stel word wêreldwyd al hoe meer en daarom die noodsaaklikheid om ‘n omgewing te skep, wat behoorlike aansporingsbonusse insluit vir die biobrandstof ontwikkelings. Ons gemeenskappe nodig in ooreenstemming ‘n duidelike visie vir die toekoms en om beduidende aansporingsbonusse te regverdig. 



In die VSA was die hoof drywers vir die biobrandstof ontwikkelings aanvanklik die boerdery probleem(oorproduksie) en die vervanging van MTBE met bio-etanol as ‘n oxygenate. Wat dryf biobrandstof ontwikkelings in Suid-Afrika? Is dit ook omgewing besorgdheid of die geleentheid om plaaslike ekonomie te bevorder? In terme van stygende voedsel pryse – is ons in die proses om sien hoe ‘n wêreldwye strukturele verandering plaasvind wat ons nie met hiper inflasie moet verwar nie. Ongelukkig kom dit op ‘n tyd waar dit van ons regering afhang, en waar ons op die randjie van ‘n verkiessing staan. Met die gevolg, ons ondervind ‘n onsekerheid, wat besluitnemers aanbesterf, op die pad vorentoe in terme van biobrandstof ontwikkelings in Sub-Sahara Afrika. Dit is egter belangrik om ‘n langtermyn uitkyk op risiko’s te neem aangaande hierdie ontwikkelings en nie beïnvloed te word deur die kwessies wat as negatief in die korttermyn gesien word nie. 



Graan SA sien die biobrandstof ontwikkelings as ‘n geleentheid vir die regering om ‘n beleggings vriendelike klimaat te skep en om dan terug te staan om die vrye mark omgewing die kans te gee om die industrie vrylik te ontwikkel sonder onnodige teenstrydighede deur lisensies, regulasies en voorskrywings op veevoer ens.



In terme van plant ontwikkeling moet ons die kennis neem dat hierdie geleentheid nie net suiker as die enigste veevoer bevoordeel nie, ook nie dat die Suid Afrikaanse toestande vergelyk kan word met ons ander suidelike halfrond lande sonder kwalifikasie nie. ‘n Groot hoeveelheid potensiële bio-etanol afskop markte is geleë naby mielie en sorghum produksie areas in die noordelike dele van ons land, asook in die winter reënval streke waar gewasse soos lae graad koring, triticale en self barley die ontwikkeling van biobrandstof kan ondersteun deur die produksie van behoorlike veevoer.



In kort, om sodoende die aanbod gaping vir die vraag na veevoer te oorbrug, het ons groot genoeg aansporingsbonusse nodig om ‘n nominale opbrengs te verseker vir aandeelhouers. Indien vrylik toegelaat om te ontwikkel binne omgewings beperkings glo ons dat die aanbod ketting in die produksie van biobrandstof verseker die landbouproduksie sal stimuleer en daardeur die afname in produksie van graan en oliesaad elimineer. Dit sal eerder die geleenthede vir landboukundige ontwikkelings stimuleer tot voordeel van ons plaaslike gemeenskappe.



Die wêreld moet kennis neem dat Suid-Afrika daartoe instaat is om biobrandstof ontwikkelings in Sub-Sahara Afrika te ondersteun, nie slegs deur ons eie ASGISA beleide nie, maar ook die van NEPAD in die soeke vir ‘n beter toekoms vir toekomstige generasies. 



 

