Crop (Maize)									Afrikaans
Die belangrikheid van oesskattings
Instructions:
Folio strap: Oesskattings
Byline: Jane McPherson, Programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Die Nasionale Oesskattingskomitee maak op verskeie stadiums gedurende die groeiseisoene syfers bekend wat 'n skatting gee van die oes op die land op daardie stadium. Hierdie oesskattings speel 'n belangrike rol in die bepaling van die prys van daardie oes.
Wat is oesskattings? 
Graan SA besef dat oesskattings 'n baie omstrede kwessie is. Daar moet helder gedink word oor die rol en funksie van die Nasionale oesskattingskomitee voordat veranderinge voorgestel word wat 'n verdere negatiewe gevolg vir produsente kan hê.
Daar moet onthou word dat die Nasionale Oesskattingskomitee ‘n skatting doen op die hele oes en nie net dit wat aangebied word vir die kommersiële mark nie. Dit is ook nie moontlik om te bepaal hoe groot die oppervlakte is wat aangeplant is nie, en ook nie die opbrengs wat verkry word nie – dit bly 'n skatting. Die kwaliteit van die skatting kan net so goed wees as diegene wat deelneem in die voorsiening van die inligting. Die grootste bron van inligting bly die produsente.
Wie is die Nasionale Oesskattingskomitee (OSK)? 
Die Oesskattingskomitee (OSK) bestaan uit:
Ongeveer 3 000 produsente wat saamwerk en hul inligting aan die komitee op 'n maandelikse basis stuur.
Instellings met die naam van Ruimtelike Intel en Geoterra Image bepaal die gebied wat aangeplant is met die hulp van satellietversending.
Die LNR-Instituut vir Graangewasse, sowel as die Kleingraaninstituut wat werk op statistiese data in samewerking met die produsente. 
Verteenwoordigers van die Provinsiale Departemente van Landbou wat inligting oor die status in die produksie gebiede gee. 
Agri besighede het hul eie oesskattings in hul gebiede. Hierdie inligting word gegee aan die NOK, maar hul verwagte areas geplant word nie gebruik in die begroting nie.
Die Direktoraat van Landbou Statistieke van die Nasionale Departement van Landbou wat die inligting versamel, verwerk die data en maak die amptelike skattings.
Die volgende is belangrike vrae:
Indien die OSK ophou met ramings, sal daar nie meer nasionale oesskatting gedoen word nie? Die antwoord hierop is nee, omdat ander organisasies ramings sal maak en dan sal dit nie duidelik wees wie se ramings korrek is.
Is die OSK onafhanklik of word dit gemanipuleer word deur rolspelers in die bedryf? Dit is baie moeilik vir enige individu om die OSK te manipuleer, want daar is 'n aantal onafhanklike rolspelers wat almal bydra tot die suiwerheid van die inligting. 
Wat is Graan SA se opinie?
Graan SA glo dat:
'n Onafhanklike, akkurate en tydige oppervlak en oesskatting noodsaaklik is vir die korrekte funksionering van graanmarkte. 
Produsente, die Nasionale Oesskattingskomitee en ander rolspelers moet saamwerk om dit te bereik. 
Die lede van Graan SA en al die ander produsente en rolspelers moet aangemoedig word om die korrekte inligting konsekwent te gee.
