Contracting (Maize) 								Afrikaans



Landbou-kontrakwerk – belangrike punte om te oorweeg



Instructions:

Folio strap: Bestuur

Byline: Inligting verkry vanaf die Landbou Kontrakteurskursus

Photos: 



Die produsent wat jou as ‘n kontrakteur gebruik, het sekere verwagtings rondom die werk wat gedoen moet word. As ‘n kontrakteur het jy ‘n verantwoordelikheid teenoor die produsent van wie se besigheid jy grootliks afhanklik is.



Die kontrakteur moet die volgende duidelik verstaan:



Die doel van elke operasie

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat alle grondbewerking gerig is op die voorbereiding van die land vir die aanplant van gewasse.



Indien die fisiese toestand van die grond sodanig is dat behoorlike bewerking nie kan plaasvind nie, is dit die kontrakteur se verantwoordelikheid om dit aan die produsent te noem, in plaas daarvan dat hy swak werk verrig en betaling verwag. Swak grondvoorbereiding kos die produsent geld en waarborg hom nie die volgende oes nie. Indien die produsent nie wins kan maak van gewas-aanplantings nie, sal die kontrakteur nie meer ‘n werk hê nie. 



Die verwagte tydraamwerk vir elke operasie

Primêre grondbewerking volg na die oes van die vorige gewas. In die somerreënvaldele waar ‘n wintergewas aangeplant moet word (bv. koring), afhangende van die landbou-area, word dit aanbeveel dat die eerste bewerking so gou moontlik na die vorige koringoes afgehaal is, gedoen word. Dit verseker dat soveel as moontlik van die normale somerreën die grond binnedring. 



Nadat somergewasse geoes is (bv. mielies), moet die land slegs voor die lentereëns bewerk word om te verseker dat die reën die grond binnedring vir die volgende plantseisoen. Elke spesifieke gewas in verskillende areas het ‘n optimale planttyd. Die regte planttyd is absoluut noodsaaklik vir die sukses van die oes. Die bewerking wat aanplanting voorafgaan, moet so gedoen word dat die land gereed is vir aanplanting op die beplande tyd. 



‘n Goeie kontrakteur weet wat die beste praktyk in ‘n spesifieke area is en dit is ook die verantwoordelikheid van die kontrakteur om die produsent in te lig wanneer dit te laat is, of indien toestande ongeskik is vir die verskillende bewerkingsoperasies. Dit is in niemand se belang om te laat te plant nie, omdat verskeie risiko’s (bv. ryp of droogte tydens blomtyd) winsgewendheid onwaarskynlik maak. ‘n Kontrakteur wat aanhou plant na die afsnydatum, vernietig die produsent se besigheid, sowel as sy eie. 



Verwagte standaarde vir elke operasie

Die is nie moontlik om standaarde te stel vir elke operasie in elke area nie. Die produsent en die kontrakteur moet ooreenkom oor die verskillende take voordat die werk gedoen word. Indien die produsent bv. vereis dat die kontrakteur sekere hoeveelheid hektare op ‘n sekere diepte ploeg, moet dit duidelik deur beide partye verstaan word en verkieslik in ‘n kontrak ingesluit word – dit mag bv. 30 hektaar op ‘n diepte van 300 mm wees. 



Aanplanting deur kontrakteurs het spesifieke standaarde. Die produsent sal ‘n sekere plantpopulasie per hektaar vereis, sowel as die aanwending van ‘n sekere hoeveelheid kilogram kunsmis per hektaar. Dit is absoluut noodsaaklik dat die kontrakteur verseker dat hierdie standaarde bereik word – die sukses van die gewas is afhanklik van akkurate aanplanting. Die kontrakteur moet homself toerus om te verseker dat hy die verwagte standaarde kan nakom. 



Met kontrakbespuiting is dit ook baie belangrik dat berekeninge korrek gedoen word – die korrekte hoeveelheid gif per hektaar en ook die korrekte hoeveelheid water per hektaar. 



Die presiese kapasiteit van sy masjinerie in terme van hektaar per dag

Oor die algemeen is kontrakteurs geneig om meer werk in te neem as wat hulle binne die optimale raamwerk van tyd en vereiste standaard kan behartig. Die kontrakteur sal dus meer inkomste genereer indien hy meer hektaar kan bewerk. Die gevaar van hierdie situasie is dat die kliënt wat teleurgesteld is (die kliënt is die produsent) nie weer van die kontrakteur in die toekoms gebruik sal maak nie.



Daar is algemeen aanvaarbare norme wat gebruik kan word in die berekening van hoeveel hektaar ‘n trekker, met ‘n sekere implement, in ‘n dag kan doen (Tabel 1).



Tabel 1:

Trekker
 
Implement
 
Ha / dag
 

 
2 Wiel Aangedrewe 55 kW
 
3 skaar 400 mm ploeg
 
6,6 ha
 

 

 
1 tand skeurploeg
 
4 ha
 

 

 
1,8 m skottel-eg
 
12,2 ha
 

 

 
Vlak tandimplement 2,9 m
 
17,4 ha
 

 
2 Wiel Aangedrewe 80 kW
 
4 skaar 400 mm ploeg
 
9,5 ha
 

 

 
3 tand skeurploeg
 
8,4 ha
 

 

 
2,5 m skottel-eg
 
17 ha
 

 

 
Vlak tandimplement 3,5 m
 
24,5 ha
 

 


Die koste van elke bewerking

Die koste van bewerkings kan baie gekompliseerd wees, omdat daar twee tipes koste is wat in die berekening ingesluit word. Die masjinerie moet aangekoop word (kapitale uitgawes) en daarna instand gehou word. 



Elke trekker en stuk masjinerie het ‘n verwagte lewensduur, in ag genome normale standaarde van instandhouding en gebruik, waarna dit vervang moet word of groot herstelwerk moet ondergaan. Vir die doel van bespreking het die industrie sekere standaarde bv. die lewensduur van ‘n trekker word bereken op 12 jaar (1 000 ure werk per jaar vir ‘n tydperk van 12 000 ure = 12 jaar). Hierdie standaarde word bepaal deur die ontwerp van die masjien, sowel as lewensduur wat deur ondervinding in die veld opgedoen is. Wanneer die kapitale koste van die trekker bereken word, word die aanvanklike koste verdeel in 12 dele – een deel vir elke jaar van die trekker se lewe. 



Vir die doel van die berekening word dit ook aangeneem dat die geld om die trekker aan te koop deur ‘n lening bekom is en die rente op die kapitale bedrag ook deel vorm van die berekening van koste per hektaar. 



Die verwagte aantal reënvrye dae gedurende elke maand

Dit het ‘n belangrike invloed op die hoeveelheid werk wat in ‘n maand gedoen kan word. Onthou altyd dat boerdery blootgestel is aan die elemente – die invloed wat reën het op die werk van ‘n kontrakteur, moet nie onderskat word nie. Baie dae gaan gedurende die jaar verlore a.g.v. reën en ook dae wanneer die grond te nat is om te bewerk. 



Raadpleeg die plaaslike weerstasie (LNR vir Grond, Klimaat en Water in Pretoria by (012) 310- 2500 en praat met Derick Vermaak).

 

Die toestand van die toerusting en verwagte tye wanneer werk staan a.g.v. brekasies.

Hierdie is een van die belangrikste aspekte van kontrakteurswerk. Onthou dat masjinerie nie breek wanneer hulle staan nie – dit is wanneer hulle werk en druk ontstaan en die masjinerie teen volle kapasiteit werk, dat hulle breek. Dit is daarom belangrik dat voorkomende instandhouding gedoen word tydens stil tye. 



Wanneer jy as kontrakteur die aantal hektare bereken wat jy gedurende die seisoen wil bewerk, onthou om voorsiening te maak vir dae wat verlore gaan a.g.v. breekskade. 



Ooreenkoms tussen jou en die produsent in terme van vergoeding 

Dit is dit nie algemene praktyk om geskrewe kontrakte aan te gaan nie, omdat daar so baie veranderlikes is wat ‘n rol kan speel – bv. brekasies en weersomstandighede, en ander omstandighede wat deur die Here bepaal word. Die kontrak moet los bewoord word om toe te laat vir onvoorsiene omstandighede – en die feit dat dit los bewoord word, maak dit moontlik vir albei partye om hulle van die ooreenkoms te onttrek.



Kontrakte van hierdie aard kan mondelingse ooreenkomste wees, of verbintenisse, van voorneme. Beide partye kom ooreen om werk te verrig teen ‘n sekere vergoeding. 



Kontrakteurs verantwoordelikheid

Een van die areas waar konflik kan ontstaan tussen die kontrakteur en produsent, is die bepaling van landgroottes. Dit is in die belang van die kontrakteur om die hektaar meer te maak en in die belang van die produsent om dit minder te maak. 



Landgroottes behoort akkuraat bepaal te word, ten einde enige probleme uit die weg te ruim. Die gebruik van ‘n GPS maak die berekening van oppervlaktes baie makliker en is baie akkuraat. Alle persone het egter nie toegang tot hierdie tegnologie nie. Daar is egter eenvoudige metodes om landgroottes te bepaal deur die gebruik van basiese area berekeninge. 



Ten slotte

Mnr JP le Roux van Pretoria het ‘n studie gemaak van die kostes van masjinerie en ‘n gedetailleerde en omvattende meganisasie-gids saamgestel. Hierdie gids word gesien as ‘n goeie en betroubare basis waarvandaan kostebesluite gemaak kan word. Mnr Koos le Roux kan gekontak word by (012) 998-2803, óf 082 828 9531, of e-pos koosleroux@absamail.co.za. 



Let daarop dat hy direkte en oorhoofse kostes in sy berekeninge insluit, maar nie arbeidskoste en enige beloning aan die kontrakteur nie, sowel as die vervoer van masjinerie na nuwe plekke – die winsmarge moet gevoeg word by die voorgestelde syfers, plus arbeid en die koste van vervoer tussen verskillende plekke. 



