Consumption (Maize) 									Afrikaans

Waterverbruik – tot watter mate word dit deur besproeiing beïnvloed?



Instructions: 

Folio strap: Besproeiing

Byline: Inligting bekom vanuit die Mielie Produksie onder Besproeiing Handleiding

Waterverbruik deur sektore en vereiste hoeveelhede word verskaf deur die Departement van Waterwese en Bosbou. Die statistieke vir die jaar 2000, deur die volgende waterverbruikers in Suid-Afrika, word hieronder aangedui. Waterverbruik word uitgedruk as miljoene kubieke meter per jaar.

Verbruiker sektor
 
Verbruik
 
Persentasie %
 

 
Munisipale en huishoudelike
 
3 220
 
14,4
 

 
Industrieel
 
2 043
 
9,1
 

 
Mynbou
 
582
 
2,6
 

 
Kragopwekking
 
779
 
3,5
 

 
Besproeiing
 
10 974
 
48,9
 

 
Water vir vee
 
316
 
1,4
 

 
Natuurbewaring
 
187
 
0,8
 

 
Bosbou
 
1 570
 
7,0
 

 
Ekologie
 
2 787
 
12,3
 

 
TOTAAL
 
22 438
 
100
 

 


Dit is duidelik dat landboubesproeiing byna die helfte van die beskikbare watervoorraad gebruik. Met die bevolking wat tot meer as 47 miljoen gegroei het, is dit duidelik dat hierdie sektor onder toenemende druk sal kom om water meer oordeelkundig te gebruik, en slegs vir produktiewe doeleindes in ooreenstemming met wetgewing. Daar word beraam dat waterhulpbronne in Suid-Afrika tot volle kapasiteit ontwikkel is en dat verdere ontwikkeling baie duur sal wees.

Omvang en potensiële besproeiing 

Ongeveer 1,3 miljoen hektaar boerderygrond in Suid-Afrika is tans onder besproeiing, terwyl ‘n verdere 233 600 hektaar die potensiaal het om ontwikkel te word. Dit word beraam dat slegs ongeveer 178 000 hektaar in die toekoms ontwikkel sal word, omdat water so skaars is. Mielieproduksie van ongeveer 660 000 ton op 110 000 hektaar besproeiingsgrond, maak 10% uit van die totale nasionale gewasse onder besproeiing.

