Constitution (Maize)									Afrikaans
Voorgestelde aanpassings tot die konstitusie
Instructions:
Folio strap: Spesiale belang 
Byline: Inligting verskaf deur Graan SA
Voorgestelde aanpassings tot die konstitusie (verteenwoordigend deur werkgroepe, die Uitvoerende Gesag en Kongres deur opkomende produsente), sal aangebied word by die Maart 2011 Kongres.
Die volgende aanpassings tot die konstitusie sal aanbeveel word:
Studiegroepe (nie-kommersiële produsente) sal afgevaardigdes kies vir die Werkgroep vir Ontwikkeling van Boere en nie na die Kongres nie.
Die 250 Ton Klub (kommersiële swart produsente) sal afgevaardigdes na die Kongres verkies waar vier swart lede vir die Uitvoerende Gesag uit hulle geledere gekies sal word.
Die doelwit van afgevaardigde lede van die 250 Ton Klub na die Kongres en die verkiesing van lede vir die Uitvoerende Gesag sal verseker dat kommersiële swart graanprodusente die kongres bywoon en op die Uitvoerende Gesag dien en nie mense wat primêre graanprodusente is nie. Die kwalifikasie vir deelname aan die Werkgroep, Kongres, en die Uitvoerende Gesag sal steeds graanproduksie bly.
Om die bogenoemde voorgestelde aanbevelings uit te voer, word aanbeveel dat die huidige konstitusie as volg aangepas word: 
Voorgestelde aanpassings tot die konstitusie
Kwalifiseer vir lidmaatskap – aanbeveling vir nuwe toevoegings tot die konstitusie
Voorgestelde aanpassing
Studiegroeplede
Twee studiegroep verteenwoordigers per streekskantoor area sal verkies word gedurende die jaarlikse streeksvergaderings wat voor die kongres gehou word, om te dien op die Werkgroep vir Ontwikkeling van Boere.
Samestelling: Streke vir studiegroepe
 Die Uitvoerende Gesag het die graanproduserende-area in die Republiek verdeel in Oostelike en Westelike streke met die N1 Noord/Suid die grens tussen hierdie twee streke. Die skeiding tussen die streke mag van tyd tot tyd deur die Kongres aangepas word, soos op aanbeveling van die Uitvoerende Gesag om te verseker dat die streke so prakties as moontlik is om die belange van alle opkomende graanprodusente op nasionale vlak te verteenwoordig.
Studiegroepe word gevorm binne die Oostelike en Westelike streek soos gestipuleer in Artikel 7.7. Elke studiegroep bestaan uit ten minste 10 studiegroeplede wat graan in die streek produseer. ‘n Studiegroeplid sal slegs aan een studiegroep behoort.
Samestelling van die kongres
‘n Afvaardiging van 32 sal toegeken word na aanleiding van Artikel 25.3, wat verwys na afgevaardigdes van swart kommersiële graanprodusente na die Kongres. Hierdie afgevaardigdes sal nie bepaal word op die basis van produksie of betalings of kommoditeitsheffing in hulle streke nie. Die 250 ton klub sal jaarliks die 32 afgevaardigdes na die Kongres verkies gedurende die jaarlikse vergadering voor die kongres. 16 afgevaardigdes van die Oostelike area en 16 van die Westelike area sal verkies word (soos verwys in Artikel 7.7). Die afgevaardigdes na die kongres moet voldoen aan die kwalifikasies vir lidmaatskap soos gestipuleer in Artikel 5.1.4.
Samestelling van die Uitvoerende Gesag
Art. 11.3 Vier verteenwoordigers wat elkeen die belange van die kommersiële swart graanprodusente en die studiegroepe in die Oostelike en Westelike areas verteenwoordig (soos verwys na in Artikel 7.7). Twee lede van die Oostelike en twee lede van die Westelike areas sal gedurende die Kongres genomineer word deur die afgevaardigdes van die betrokke areas en sal verkies word deur ‘n stembrief. Een lid van die Oostelike en een lid van die Westelike area sal jaarliks verkies word. Hierdie lede van die uitvoerende gesag sal dien op die Werkgroep vir die Ontwikkeling van Boere.
Kwalifikasie vir lede van die uitvoerende gesag
13.3 sal in die geval van lede genoem in Artikel 11.2 en 11.3 ‘n aansienlike deel van sy boerderyinkomste verdien uit die produksie en bemarking van graan;
Let wel: Dit word aanbeveel dat die vereiste in 13.3 van toepassing sal wees op beide kommersiële, sowel as die swart kommersiële produsente op die Uitvoerende Gesag. Die res van die stipulasies vir die kwalifikasie van lede vir die Uitvoerende Gesag sal dus behou word.
6. Uitbreiding van lidmaatskap kategorieë
5.1.4 250 Ton Klub lede (swart kommersiële produsente). 
Lede van die 250 Ton Klub wat:
5.1.4.1 Graan vir bemarking produseer;
5.1.4.2 Die lidmaatskapsfooie en kommoditeitsheffing aan GSA betaal; en 
5.1.4.3 Die doelwitte van GSA onderskryf, sal kwalifiseer vir lidmaatskap van GSA.
Lidmaatskap sal bekom word soos uiteengesit in die regulasies. 250 Ton Klub afgevaardigdes na die kongres sal die reg hê om te stem. 
5.2 ‘n Lid genoem in artikel 5.1.1, 5.1.2, 5.1.3 en 5.1.4, sal lidmaatskap van GSA behou in slegs een van die lidmaatskap kategorieë wat in artikel 5.1 genoem word.
