Conservation (Maize)									Afrikaans
Bewaring van ons grond – wat kan ons doen?
Instructions:
Folio strap: Grondbewaring
Byline: Jenny Mathews, voorsitter van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente
Gronderosie van waardevolle landbougrond in Suid-Afrika is te wyte aan mense se onkunde en misbruik van die grond. Dit is belangrik dat produsente meer leer oor die beheer van erosie en verspoeling en verantwoordelikheid aanvaar vir bewaringspraktyke wat die aarde sal beskerm.
"If mankind cannot devise and enforce ways of dealing with the earth, which will preserve the source of life, we must look forward to a time – remote it may be, yet clearly discernible, when our kind, having wasted its great inheritance, will fade from the earth because of the ruin it has accomplished." Professor N.S. Shaler van Harvard Universiteit, 1896. 
Hierdie woorde is geskryf in 1896; vandag kan ons nie meer die probleem ignoreer nie. Die Dalai Lama erken dat gronderosie ‘n krisis is wat stil-stil nader kruip.
"The threat of nuclear weapons and man's ability to destroy the environment are really alarming. And yet there are other almost imperceptible changes. I am thinking of the exhaustion of our natural resources and especially of soil erosion and these are perhaps more dangerous still, because once we begin to feel their repercussions it will be too late." (Bladsy 144 van die Dalai Lama se Little Book of Inner Peace: 2002, Element Books, London).
Grondbewaring
Gronderosie is ‘n natuurlike proses, maar die probleem is dat menslike aktiwiteite die agteruitgang vinniger laat plaasvind as wat dit natuurlik sou gebeur. Wanneer grond vanaf individuele lande of die plaas weggespoel word, vat dit waardevolle voedingstowwe, kunsmis, plaagdoders en organiese materiaal met dit saam. Produsente kan nie die ekonomiese verlies of die omgewingsimpak van grondverlies bekostig nie.
Studies toon dat die jaarlikse grondverlies in Suid-Afrika soveel as 300 tot 400 miljoen ton is, wat bereken word as byna drie ton per hektaar. Die waarde van grondvoedingstowwe en kunsmis wat in die see gestort word deur Suid-Afrikaanse riviere, beloop jaarliks onberekenbare miljoen rande. Vir elke ton landbouproduk soos mielies, koring, sorghum en suiker, verloor Suid-Afrika gemiddeld 20 ton grond. Die voedsel en landbou organisasie van Amerika skat dat die globale verlies aan produktiewe grond deur erosie jaarliks vyf tot sewe miljoen hektaar beloop. (Enviro Facts, University of Western Cape).
Water bewaring
Suid-Afrika is ‘n semi-woestyn land. Vars water is ons mees beperkte natuurlike hulpbron. Water beskikbaarheid nou en in die toekoms is grootliks afhanklik van klimaat, waterverbruik en bestuur en grondpraktyke. Omdat water so ‘n skaars kommoditeit is, is dit belangrik dat produsente sover moontlik, die beste praktyke om dit te bewaar, gebruik. Swaar reënval teen enige hang veroorsaak waterlope (diep krake op die oppervlakte van landbou grond), wat erge gronderosie en afloop veroorsaak. 
Kontoerboerdery
Kontoerboerdery word algemeen gebruik op lande met ‘n helling waar gewasse jaarliks geplant word. Dit is ‘n metode waar die produsent kontoerwalle en holvore gedurende bewerking vorm om die rigting van die direkte afloop van die water te verander om parallel met die helling te hardloop. Kontoerbewerkingspraktyke verhoed oortollige afloop van water omdat al die water parallel met die helling afloop. Hierdie kontoerwalle sal help om die afloop van water na reënbuie te help verhoed en te verminder en die grond kans gee om die waardevolle water te absorbeer.
Dit is ‘n ideale bewarings bestuur sisteem om:
Plaaterosie te verhoed;
Verminder die hoeveelheid bogrond wat weg gespoel word; en 
Verhoog water infiltrasie.
Kostes
Sommige bewaringspraktyke kos geld, maar verhoogde opbrengs as ‘n resultaat van kontoere wat waardevolle bogrond en water behou, sal opmaak vir die korttermyn verliese so vinnig as binne twee tot drie jaar. Studies het getoon dat kontoere opbrengs kan verhoog met 5% tot 10% en brandstof en masjinerie kostes verminder, wanneer dit vergelyk word bewerking op en af met die helling.
Kontoere en geenbewerking
Die ploeg van kontoere word aangemoedig deur grondbewaringsdeskundiges as een van die metodes om die groeiende probleem van gronderosie op te los. Die hoeveelheid grond wat verlore gaan hang af van die bewerkingsprogram deur die produsent. Die beste resultate is gevind waar geenbewerking metodes gebruik word en die minste grondverlies en laagste persentasies van water afloop gemeet is. Met geenbewerking word die grond nie versteur nie en die sade van die nuwe gewas word geplant in die deklaag en stoppels wat op die land gelos is na die laaste gewas. 
Klaarblyklike metodes moet verfyn en aangepas word om elke individuele land op elke plaas te pas en elke bewaringsplan moet aan die doelwitte van die individuele produsent voldoen. Bewaringspraktyke soos kontoere laat die veilige verwydering van afloop water wat op die grond val toe en bied beskerming teen skadelike winde. ‘n Goeie bewaringsplan moet egter ook die verstandige gebruik van kunsmis (kommersieel of lewende hawe mis) versigtige hantering van plaagdoders, bevordering van natuurlike wild lewe habitat en instandhouding van vleilande insluit. Bewaring sal die grond beskerm en sy produksiebasis verbeter. Dit verhoog ook grondwaarde.
Kontoer beplanning
Daar is ‘n sekere graad van kundigheid en selfs landbou ingenieursvernuf nodig vir die aanvanklike beplanning en vestiging van kontoere. ‘n Aantal verskillende faktore sal die beplanning beïnvloed:
Terrein tipes;
Die lengte van die hellings;
Reënval en loging;
Grondtipes;
Bogrond bedekking en die ongelykheid van die land;
Die vereiste wydte vir die kontoere en die afstand tussen die kontoere; en
Wat die grens tussen kontoere sal vorm byvoorbeeld kontoerwalle, holvore of grasweiding.
Ons moet met ons ondersteuningsisteme van die regering, die Departement van Landbou en voorligtingsbeamptes praat, wat produsente moet bystaan met kennis en vaardigheid oor grondbewaring.
Bronbewaarders en rentmeesters
As produsente moet ons ons rol as rentmeesters van die aarde en ons land se waardevolle natuurlike hulpbronne aanvaar. Ons moet versigtig wees wat ons uit die aarde vat en die effek wat dit het op die natuurlike hulpbron. Een van ons top produsente van die Rustenburg area, Karabo Phele, het gereageer op ‘n aanmerking oor hoe gelukkig hy is om top sonneblomopbrengste te kry met geen kunsmis in die ryk swart turf grond wat ‘n mens daar kry, " If you take something out of the soil year after year, no matter how good it is and if you never put something back, you are depleting it and either you or a future generation will find the earth cannot give up what it once did". 
Samevatting
Top gewasgronde verloor waardevolle bogrond, die opbrengs op daardie grond verlaag en die produsent is voortdurend besig om te sukkel om ‘n goeie opbrengs te verkry. Erosie en die verlies aan grondvrugbaarheid veroorsaak dooie grond. Die is nie die natuur nie, maar die mens wat die aarde in ‘n woestyn omskep. Die bewaring van ons grond en water hulpbronne is krities vir ons ekonomiese voortbestaan en oorlewing! 
