Congress (Maize)									Afrikaans
Hierdie jaar gaan daar meer mini kongresse plaasvind
Instructions:
Folio strap: Kongres
Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente
Elke jaar, gedurende Maart, bied Graan SA die jaarlikse Kongres op Bothaville aan. Die datums vir die Kongres vir hierdie jaar is 9 en 10 Maart 2011.
Ter voorbereiding van die Kongres, sal daar sewe mini kongresse vir die lede van die studiegroepe gehou word – streeksvergaderings word gehou vir die lede van Graan SA. In die verlede is daar slegs vier vergaderings gehou, maar ons het besef dat dit somtyds vir produsente moeilik is om lang afstande te reis na dié vergaderings. 
Indien jou lidmaatskap betaal is, word jy as Graan SA lid uitgenooi om die vergadering in jou streek, wat gereël word deur die provinsiale koördineerder van jou studiegroep by te woon. 
Die vergaderings word soos in tabel 1 beplan: (die presiese plek sal later gekommunikeer word).
Tabel 1:
Provinsie
Plek
Datum
Oos-Kaap – Ian Househam
Kokstad
1 Februarie 2011
Oos-Kaap – Lawrence Luthango
Mthatha
2 Februarie 2011
Vrystaat – Johan Kriel
Senekal
11 Februarie 2011
Gauteng/Mpumalanga – Daan Bosman 
Bronkhorstspruit
16 Februarie 2011
Noordwes – Tonie Loots
Zeerust
24 Februarie 2011
KZN – Jurie Mentz
Vryheid
24 Februarie 2011
Ons wil jou graag aanspoor om hierdie vergaderings by te woon en om oor die volgende vrae te dink: 
Wat behoort Graan SA, as jou kommoditeitsorganisasie, vir jou as graanprodusent te doen? 
Is Graan SA gerat vir die toekoms?
By die mini kongres word produsente gereed gemaak vir die Kongres en die studiegroeplede kry die kans om hulle verteenwoordigers na die Kongres te kies. In die verlede het ons probeer om die studiegroeplede in Noord-, Suid-, Wes- en Oosstreke in te deel, maar dit het toenemend moeilik geraak, aangesien die grense nie duidelik is nie. Om dinge sodoende makliker te maak, het ons besluit om ‘n streeksvergadering te hou in elke provinsiale koördineerder se streek. Volgens die Graan SA konstitusie, sal 32 afgevaardigdes toegelaat word om die Kongres te Bothaville op 9 en 10 Maart 2011 by te woon. Vanuit hierdie 32 afgevaardigdes kan vier verteenwoordigers gekies word om op die Uitvoerende Komitee van Graan SA te dien. Op bladsy vyf kan jy meer lees oor die voorgestelde aanpassings tot die konstitusie. 
Uit ons ervaring het ons gevind dat die verkose persone tot die Uitvoerende bestuur nie altyd bona fide graanprodusente was nie en kon hulle nie altyd die nodige bydraes gedurende die vergaderings lewer nie. Ons hoop dat die ontwikkelende produsente die toepaslike verteenwoordigers sal kies om op die Uitvoerende Komitee te dien. Hierdie komitee lede moet die kommersiële graansektor verstaan om sodoende ‘n bydrae tot besprekings en beleidsformulerings te lewer. 
