Communicate (Maize)										Afrikaans



Kommunikasie met die produsent

	

Instructions:

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Die Ontwikkelingsprogram vir Produsente streef deurentyd daarna om met jou, die produsent, te kommunikeer.

Verskeie mediums word gebruik om die produsent te bereik, insluitend die Pula Imvula nuusbrief, radio uitsendings, DVD, baniere, plakkate en inligtingspamflette.



Pula Imvula

Ons berei, dupliseer en versprei die maandelikse nuusbrief (agt bladsye, volkleur met foto’s), in sewe tale – Engels, Afrikaans, Sesotho, Setswana, Sesotho sa Leboa, IsiXhosa en IsiZulu. 



Die Pula Imvula is ‘n aaneenlopende projek met ‘n produksiesiklus – die oorspronklike artikels word in Engels voorberei, en dan gestuur na Infoworks waar die uitleg van die Engelse weergawe gedoen word. Die artikels word in die korrekte formaat vir vertaling uitgelê, en dit word dan uitgestuur na die ses vertalers. Daarna word dit weer na Infoworks teruggestuur, sodat die ander tale uitgelê kan word. Nadat dit dan goedgekeur is, word dit gestuur vir druk en grootmaat pos. Hierdie siklus neem ongeveer twee maande om te voltooi. 



Die Pula Imvula is hierdie jaar uitgebrei om ander gewasse in te sluit – ons het ‘n vier blad addisionele kwartaallikse uitgawe in Desember, Maart, Junie en September vir Koringproduksie in die Oos-Vrystaat, wat deur die Winter Graan Trust befonds word. ‘n Vier blad kwartaallikse uitgawe in Januarie, April, Julie en Oktober vir Sonneblomproduksie wat deur die Olie en Protein Saadontwikkeling Trust befonds word. 



Inligtigspamflette en plakkate 

Om inligting aangaande die industrie te versprei na almal betrokke by die program – daar is baie produsente en voorligtingsbeamptes in die veld wat kennis moet dra van die program, wat dit behels en wie hulle moet kontak vir inligting, (hierdie pamflette moet in al sewe tale beskikbaar wees). 



Inligtingspamflette is voorberei en gedupliseer in die sewe tale (Engels, Afrikaans, isiXhosa, en isiZulu, Sesotho, Setswana en Sesotho sa Leboa). Kopieë van hierdie pamflette is uitgegee aan al die provinsiale kantore en versprei aan betrokke partye. Hierdie pamflette was beskikbaar by NAMPO en sal deurlopend deur die jaar gebruik word.



DVD 

“ŉ Agt-minuut DVD oor die program is ontwikkel en baie goed gebruik deur die jaar. Gedurende NAMPO, het ons “vriende van die program” uitgenooi om na die eerste DVD te kom kyk en hulle reaksie was baie goed. Kopieë van die DVD is beskikbaar gestel aan al die Provinsiale koördineerders, asook die opleiers, en word vertoon tydens elke geleentheid. Tydens ‘n studiegroep vergadering in die Vrystaat, het Johan Kriel die DVD vertoon en die produsente het versoek om dit drie maal te sien – hulle was verheug om die omvang van die program te sien. 



Baniere

Baniere is in die vervaardigingsproses en sal gebruik word deur elke Provinsiale Bestuurder tydens studiegroep vergaderings en produsente dae. 



Radio uitsendings

Ons maak gebruik van weeklikse radio uitsendings oor vier radiostasies om inligting deur te gee aan ‘n wye luisteraars basis. 

