Commercial 2 (Maize)									Afrikaans

Kommersieel aan alle standaarde!



Instructions:

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Byline: Jane McPherson, Programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir 

 produsente

Photos: Commercial 055 

Caption: 	Ontmoet ons nuwe kommersiële produsente:

Nico Vermaak (Graan SA), Basie Ntsimane, Boy Mokoena, Karabo Peele, Paul Morule, Job Metswamere, Thando Lolwane, Jane McPherson (Graan SA), Dr Kobus Laubscher (Graan SA), Moss Malo, Lepati Macaphasa, Jenny Mathews (Voorsitter van die Ontwikkelingsprogram vir produsente : Werkgroep). 

Exploding quote: “Niemand weet wat voorlê nie... Die belangrike ding is om vandag met wysheid aan te pak en môre met ywer en opgewektheid tegemoet te gaan, met die wete dat ons opgewasse sal wees vir wat die môre bring”. Pollock.





 “None of us know what lies ahead…The important thing is to use today wisely and well, and face tomorrow eagerly and cheerfully and with the certainty that we shall be equal to what it brings “ 



Gedurende ‘n funksie by NAMPO Park naby Bothaville, het nege produsente van die Graan SA Ontwikkelingsprogram gegradueer. 



In die Suid-Afrikaanse konteks, het ons tradisioneel “wit” kommersiële produsente terwyl swart produsente as opkomende-, bestaans-, kleinskaal-, of ontwikkelende produsente bekend staan. “Ons het gevoel dat die tyd ryp is om daardie produsente wat volle kommersiële produsent status bereik het, ten spyte van al die probleme op hul pad, te vereer,” het Jane McPherson gesê. 



Dit spreuke, “Probleme wys wat die mens regtig is,” is beaam deurdat die produsente wat op 25 September 2008, vereer is, gewys het wat waarlik in hulle steek. Hulle het onder andere die volgende probleme oorbrug: 



Lae winsgewendheid van graanproduksie.

Sake verwant aan grond.

Verskillende moontlikhede van grondbesit sonder sekuriteit.

Herverdeling en grondeise.

Kommunale eienaarskap van grond met die onsekerhede en probleme vir kommersiële produsente.

Arm grond status met betrekking tot fosfate en kalk behoeftes.

Hoë koste van masjinerie en onderhoud.

Die ingewikkelde en moeilike vrye markstelsel.

Tekort aan toegang tot finansiering en produksie krediet.

Tekort aan voldoende inligting, kennis en ondersteuning.



Hierdie produsente sal vertel dat hulle nie die pad alleen gestap het nie – hulle is bygestaan en ondersteun deur verskeie rolspelers in die landboubedryf:



Die personeel van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente;

Banke; en

Agribesighede – veral, MGK, NWK, VKB en OVK.



Wat word met “die status van kommersiële produsent is bereik? In kort beteken dit dat die produsent die volgende bemeester het: 



Volhoubare grondbesit.

Volhoubare grondgebruik.

Trekkers, implemente, toerusting en masjinerie.

Markte.

Lenings en finansiering.

Algemene plaas en besigheidsbestuur.



Ons haal ons hoed af vir die volgende kommersiële produsente:

Karabo Peele, Thando Lolwane, Paul Morule, Job Metswamere, Labious Manoto, Boy Mokoena, Lepati Macaphasa, Basie Ntsimane en Moss Malo. Hulle het hierdie mylpaal bereik deur talent, harde werk, kennis, toegewydheid – daar is nie ‘n kortpad as jy wil bereik wat hulle alreeds gedoen het nie. “Moet nooit, nooit ingee nie!”





