Commerical 1 (Maize)										Afrikaans

Kommersiële status vir ontwikkelende produsente



Instructions:

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente

Photos: Goeie dinge – 035, 060, 065, 067, 069, 073, Use info supplied with photo

Captions:

 250 Ton Klub (photo Club250-Amos 060)

Die volgende is kommersiële produsente wat lede van die 250 Ton Klub is en ‘n brons medalje ontvang het:

Agterste ry: Job Metswamere, Amos Njoro (provinsiale koordineerder), Orapeleng Bankies.

Voorste ry: Phillip Xaba, Deliwe Ntebele-Mutlwane, David Malo en Solomzi Boozene. 

250 Ton Klub (photo Jerry Mthombothi 067)

Die volgende is kommersiële produsente wat lede van die 250 Ton Klub is en ‘n brons medalje ontvang het:

George Mahlangu, Jerry Mthombothi (provinsiale koördineerder) en Josias Masombuka.

500 Ton Klub (photo Club 500 073) 

Die volgende is kommersiële produsente wat lede van die 500 Ton Klub is en ‘n silwer medalje ontvang het:

Agterste ry: Samuel Moloi, Isaac Khuto, Moss Malo.

Voorste ry: Lungile Malo, Israel Motlhabane, Paul Morule en Thando Lolwane. 

1 000 Ton Klub (photo club1000 076)

Die volgende is kommersiële produsente wat lede van die 1 000 Ton Klub is en ‘n goue medalje ontvang het:

Agterste ry: Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA), Jane McPherson (programbestuurder).

Voorste ry: Basie Ntsimane, Lepati Macaphasa en Boy Mokoena. 

Afwesig: Labious Manoto.

250 Ton Klub (photo Club250- 065)

Die volgende is kommersiële produsente wat lede van die 250 Ton Klub is en ‘n brons medalje ontvang het:

Agterste ry: Johan Kriel, (provinsiale koördineerder), Arnold Jenkins, Petrus Monnane, Simon Motsima.

Voorste ry: Jacob Khomako, Michael Ramoholi, Malefane Makubo, Samuel Nyambose.

250 Ton Klub (photo Club250- 069)

Die volgende is kommersiële produsente wat lede van die 250 Ton Klub is en ‘n brons medalje ontvang het:

Agterste ry: Tonie Loots, (provinsiale koördineerder), Karabo Peele.

Voorste ry: Simon Mazwi, Lasarus Mothusi, John Setshwaro, Daniel Mocwiri.

Afwesig: Abednigo Zilimbola.



25 September 2008 sal deur die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente onthou word as ‘n baie spesiale gebeurtenis – ‘n dag om te onthou. 

Die missie van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente is om bevoegde swart kommersiële produsente te ontwikkel. Die vieringe by NAMPO Park, Bothaville op 25 September 2008 was om erkenning te gee aan produsente wat by die breër landbou industrie ingelyf kan word as ware kommersiële swart produsente. 

Die pad na kommersiële graanboerdery is nie maklik nie en daar is nie kortpaaie nie. Boerdery is uitdagend en winsmarges is klein. Hierdie produsente is bygestaan deur die personeel in die GSA Ontwikkelingsprogram vir produsente sowel as baie ander rolspelers in die industrie – banke, agribesighede, insetverskaffers en ander kommersiële produsente.

“Na baie jare van diens aan produsente by wyse van studiegroepe, demonstrasieproewe, boeredae, Boer van die Jaar kompetisie, opleidingskursusse, radio uitsendings en ‘n maandelikse nuusbrief, Die Pula/Imvula, het ons besluit om die gevorderde program vir produsente daar te stel om meer intensiewe en individuele bystand aan produsente wat die vermoë, belangstelling, verbintenis en ‘n wil het om sukses te behaal, te verleen. Die meeste van die produsente wat tydens hierdie funksie vereer is, was deel van hierdie program vir gevorderde produsente, alhoewel ander reeds lank deel van die program was”, het Jane McPherson gesê. “Ons het dit goed gedink dat die tyd ryp is om hierdie produsente wat ten spyte van baie probleme wat hul in die gesig moes staar steeds sukses behaal het, te vereer - die werklike kommersiële produsente.

Ons het dit ook goed gedink om ‘n 250 Ton Klub te stig om die prestasie van produsente wat alreeds meer as 250 ton graan per jaar produseer en wie na regte byna kommersiële produsente genoem kan word, te erken. Hoewel baie van hierdie produsente slegs nog ‘n jaar of twee deel van ons program sal wees, moet hul erkenning geniet,” het Jane McPherson gesê.

Die ontwikkelingsprogram is al vir baie jare in werking met behulp van die Graan Trusts, met die Mielie Trust, wat veral baie in die ontwikkeling van produsente belê het. Dit is daarom verblydend om agt produsente te hê wat ware kommersiële produsente is en aan die landbougemeenskap oorhandig kan word, asook ‘n verdere 26 produsente wat vereer word deur as lede van die 250 Ton Klub genooi te word. Daar is verskillende kategorieë binne die 250 Ton Klub en ons het vier produsente wat meer as ‘n duisend ton produseer, sewe wat meer as 500 ton produseer en 21 wat meer as 250 ton produseer. 

“Ons beplan hierdie funksie as ‘n jaarlikse gebeurtenis en sien uit na die feesvieringe in 2009,” het Jane McPherson afgesluit.

