Chemical (Maize)									Afrikaans



Chemiese beheer op onkruid en plae



Instructions:

Folio strap: Onkruid en plaagbeheer

Byline: Inligting verkry vanaf die Graan SA handleiding: Gevorderde mielieproduksie en bemarking 

Photos: Use chemical photos 

Table 1 (photos 2)



Onkruiddoders word suksesvol gebruik in die meeste onkruidbeheer programme. Dit moet gebruik word in samewerking met ander beskikbare metodes en toerusting. 



Ander metodes sluit goeie landbo praktyke, soos voldoende kunsmis en kalk om gewasse ‘n goeie begin te gee, wisselbou en voldoende bewerking, wat belangrik is in ‘n totale onkruidbeheer program, asook meganiese bewerking in. Die volgende is definisies van terme wat jy sal teëkom wanneer jy met onkruiddoders werk: 



Vroeg-voor-plant (EPP) 

Die onkruiddoder word op die grond aangewend na meganiese bewerking, maar ‘n rukkie voordat die gewas geplant word. Dit word gewoonlik gemeng met die boonste paar sentimeter grond, terwyl verskillende implemente gebruik word om dit te meng. 



Voor-plant geïnkorporeer (PPI) 

Die onkruiddoder word op die grond aangewend na meganiese bewerking en saadbedvoorbereiding, maar voor plant, en word gemeng met die boonste paar sentimeter grond deur van verskillende implemente gebruik te maak om dit te meng. 



Voor-opkoms (PRE) 

Die onkruiddoder word aangewend nadat die gewas geplant is, maar voordat dit opkom. Grondvog, ligte reën of vlak bewerking mag nodig wees om goeie onkruidbeheer toe te pas met baie van die voor-opkoms onkruiddoders. 



Na-opkoms (POST) 

Hierdie onkruiddoder word aangewend op die blare van die plant nadat die gewas opgekom het. 



Oppervlak-beheer 

Hierdie is ‘n oppervlak-aktiewe middel wat die oppervlakspanning verminder en dus ‘n meer eenvormige aanwending bevorder. Dit versprei die onkruiddoder-oplossing eweredig oor die plant materiaal of die grond. Verskeie terme word gebruik om oppervlakaktiwiteite te beskryf, byvoorbeeld kleefmiddel, suiweringsmiddel, emulsifiseerder of benatter. 



Die meeste van die aanbevole onkruiddoders wat in die landbou gebruik word, werk selektief. Teen die aanbevole dosis sal hulle selektiewe beheer toepas of onkruid beskadig, maar sal nie ernstige skade aan die gewas waarin die onkruid groei, aanrig nie. Met die gebruik van die meeste selektiewe onkruiddoders, moet jy die aanbevole dosis noukeurig volg, omdat hoër dosisse die gewas kan beskadig of vernietig. Jy moet die verantwoordelikheid aanvaar indien jy die onkruiddoder anders aanwend as wat op die aanwysings voorgeskryf word. Lees die etiket op die houer en volg die instruksies. 



Die akkuraatheid wat onkruiddoders benodig is baie groter as by ander take op die plaas. Drie faktore beheer die hoeveelheid wat aangewend word: druk, spuitpuntgrootte en grondspoed.



Die aanbevole hoeveelhede wissel oor die algemeen by verskillende grondteksture, (grof, medium en fyn) en organiese materiaalinhoud. Lae dosisse onkruiddoders word in die algemeen op growwe grond wat laag is in organiese materiaal gebruik, terwyl hoë dosisse gebruik word by fyn grond hoog in organiese materiaal. Raadpleeg die etiket vir die regte dosis vir jou grond. 





Ontwikkeling van onkruid bestand teen onkruiddoders

Onkruiddoder-weerstandige onkruidpopulasies kan ontwikkel deur die herhalende gebruik van onkruiddoders. Wisselbou, afwisseling van onkruiddoders of die meng van onkruiddoders kan help om die weerstand af te breek. 



Die aanwending van na-opkoms onkruiddoders vereis ‘n reën-vrye tydperk. Hou in gedagte dat die effektiwiteit van enige onkruiddoders ‘n reën-vrye tydperk vereis. Indien dit reën gedurende hierdie tydperk, word dit aanbeveel dat aanwending herhaal word om effektiwiteit te verseker. Voorbeelde is: 2,4 – D amine 6 - 8 ure; 2,4 – D ester 1 - 2 ure; Atrazine 4 ure; Basagran 8 ure.



Kritiese tydperk vir onkruidbeheer

Die kritiese tydperk vir onkruidbeheer is ‘n belangrike konsep in Integrale Onkruid Bestuur (IOB)-sisteme. Hierdie tydperk word gedefinieer as ‘n interval in die lewenssiklus van die gewas wanneer dit vry moet wees van onkruid om sodoende opbrengsverlies te verhoed. 



Hierdie konsep dra by om die mees effektiewe tyd vas te stel vir na-opkoms onkruiddoders wat nie ‘n neerslag laat nie en verminder die praktyk van onkruiddoders met ‘n neerslag gedurende die seisoen, asook die onnodige laat aanwending van onkruiddoders. Die kritiese tye word bepaal in verhouding met die groeistadium van die gewas om te kompenseer vir grond, weer en seisoenale variasies. Die kritiese periode is gebaseer op ‘n opbrengsverlies van minder as 5% as gevolg van onkruid. Die gewas moet onkruid-vry wees gedurende hierdie periode om te verhoed dat die verlies meer as 5% is. Indien onkruid beheer word gedurende hierdie kritiese tydperk, sal onkruid wat later opkom nie die gewas beïnvloed nie. 



Die kritiese periode kan wissel afhangende van weer en groeitoestande. Sommige navorsing met mielies en sojabone het getoon dat die kritiese periode kan wissel by grondtipe en bewerkingsisteme en ook ‘n bietjie langer kan wees by klei-tipes grond of wanneer geen-bewerking metodes gebruik word. 



Mielies 

Die kritiese tydperk word langer vanaf die drie tot agt blaar-stadium. Uitstekende onkruidbeheer moet gehandhaaf word gedurende hierdie kritiese tydperk. Mielies wat onkruid-vry gehou word vir ongeveer 34 dae na plant (DAP) of tot die ses tot agt blaar-stadium (agt tot tien blaarpunte) het ‘n opbrengsverlies van 0% - 5% onder toestande van swaar onkruiddruk. 



Ekonomiese drumpels

Ekonomiese drumpels by onkruidbeheer help om te bepaal of die digtheid van die onkruid voldoende is om beheermaatreëls te regverdig, bv. of die opbrengsverlies groter is as die koste van die onkruidbeheer. Die tydperk wanneer onkruid opkom, in vergelyking met die gewas, is ‘n bepalende faktor by opbrengsverlies. Vroeë onkruid wat saam met die gewas opkom, veroorsaak groter opbrengsverlies as onkruid wat opkom nadat die gewas gevestig is. Ekonomiese drumpelstudies wat gedoen is, het gevind dat die tyd van onkruidopkoms in verhouding met die stadium van die gewas, belangriker is as die hoeveelheid onkruid, wanneer onkruidbeheer-opsies geëvalueer word. Gewas opbrengsverlies hang af van die tyd wanneer onkruidsaailinge opkom. Die boonste tabel beraam die opbrengsverlies geassosieer met sekere onkruide in mielies en sojabone. 



Persentasie opbrengsverlies by mielies as gevolg van bekende populasies van eenjarige breëblaaronkruide wat saam met die gewas opgekom het en nie beheer is nie (Amerikaanse navorsing, maar kan toegepas word op Suid-Afrika as ‘n aanduiding van potensiële verliese. Identifiseer die eenjarige breëblare op jou plaas vanaf die lys van algemene onkruide in Suid-Afrika).





