Challenges (Maize)								Afrikaans
Finansiële uitdagings van plaasbestuur
Folio strap: Bestuur
Byline: Inligting saamgestel vanuit die Boerderybestuur vir Wins Handleiding deur Marius Greyling
Om winsgewend te wees, moet 'n boerdery eerstens produkte produseer wat kliënte nodig het. Om daarna volhoubare wins te genereer, moet die bestuur van 'n boerdery-onderneming met tyd verbeter.
Behoeftes van mense
Van die skepping van die mensdom af, het die mens goedere nodig gehad om te kan leef. Kos was nog altyd 'n basiese behoefte, tesame met klere en skuiling. In die begin het die mensdom self in sy behoeftes voorsien deur te jag, wilde plante te oes, eie klere te maak en geskuil in grotte.
Soos die mens gevorder het, het sy behoeftes ook gevorder tot die hoë vlak behoeftes van vandag. Die mens het ook verskuif van selfversorgend na die aankoop van die meeste van sy behoeftes. Oor die algemeen voorsien besighede vandag in die moderne wêreld in feitlik al die behoeftes van die mens in ruil vir geld.
Ons het dus vandag geld nodig om te ruil vir al ons behoeftes. Ons kan net geld kry deur te werk om 'n inkomste te verdien. Jy werk of vir jouself, of vir iemand anders. As jy gekies het om vir jouself te werk, soos met die geval van 'n boerdery-onderneming, moet die besigheid finansieel suksesvol wees. In die landbou is dit slegs moontlik as jou besigheid 'n produk of produkte bied wat mense nodig het, om vir die eienaar 'n inkomste te verkry.
Slegs indien 'n besigheid winsgewend is, kan die eienaar 'n inkomste (salaris) verdien. Indien daar 'n verlies is, is daar geen inkomste vir die eienaar of eienaars nie.
Inkomste en uitgawes
Die behoeftes wat deur besighede voorsien word, word verkoop aan verbruikers. Die geld wat ontvang word in ruil vir die behoeftes, is die inkomste van 'n besigheid.
Tydens die proses van vervaardiging en/of lewering van die behoeftes van 'n besigheid, word sekere koste of uitgawes aangegaan. Hierdie koste word verdeel in verskillende groepe:
Produksiekoste – saad, kunsmis, plaagdoders, medisyne, oes-en bemarkingskoste.
Oorhoofse koste – bankkoste, kantoorkoste, rekenmeesters-en voertuigkoste.
Vastekoste – lisensies van voertuie, lone van permanente werknemers, waardevermindering 
en versekering.
Ander koste – rente op lenings, salaris van 'n bestuurder en huurgeld
Totale koste wat die totaal van al hierdie koste is.
Wins/verlies
Wins is gelyk aan inkomste wat meer as die totale uitgawes is.
INKOMSTE - UITGAWES = WINS/VERLIES (I - U = W/V)
Of in landbouterme:
INKOMSTE (BRUTO PRODUKSIEWAARDE) - PRODUKSIEUITGAWES = BRUTOMARGE -OORHOOFSE EN VASTE KOSTE = NETTO BOERDERYINKOMSTE - ANDER KOSTE = WINS
Prysnemers en die uitdaging
Tydens die primêre produksieproses is produsente prysnemers, beide in terme van inkomste (prys) en uitgawes. Beide inkomste en uitgawes neem oor tyd toe, maar op verskillende vlakke. J. Willemse het in die Landbouweekblad van 26 Maart 2010 berig, dat met inagneming van die totale landbou-(boerdery) industrie, die inkomste in 2009 met slegs 2,6% vir die jaar toegeneem het, terwyl uitgawes met 8% toegeneem het. Hierdie persentasies wissel van jaar tot jaar, maar skep die sogenaamde koste-prys knyptang. Die knyptang geneem oor jare, kan uitgebeeld word in figuur 1. (Bron lys: Willemse, J. 2010, Resessie sweepslag knyp Landbou Landbouweekblad. 26 Maart 2010).
Figuur 1: Wins, verlies en gelykbreek punt
0+											Koste
									Verlies
											Inkomste
R								
	Wins
Gelykbreek punt
0
Jare (Tyd)
Indien die manier waarop dinge op 'n plaas gedoen word dieselfde bly jaar na jaar, sal die gaping tussen inkomste en uitgawes verdwyn en sal dit al hoe moeiliker word om 'n wins te maak. Vanuit 'n finansiële oogpunt is dit dus nodig dat die bestuur van 'n boerdery voortdurend moet verbeter om finansiële sukses te handhaaf.
Dit kan gedoen word deur ernstige en volgehoue ​​aandag om die bestuur op alle gebiede van 'n boerderyonderneming te verbeter. Die doel moet wees om inkomste wat meer as uitgawes is, met verloop van tyd te verbeter, soos aangedui in figuur 2.
Figuur 2: Die uitdaging
0+
											Inkomste
R								
Wins	Koste
0 
Jare (Tyd)
Nie 'n maklike taak vir 'n plaasbestuurder nie, as alle faktore buite sy/haar beheer in ag geneem word. Dit is die grootste uitdaging vir 'n eienaar/bestuurder van 'n boerdery-onderneming. In die praktyk moet ‘n mens altyd kyk na die finansiële uitwerking in terme van inkomste en uitgawes wat gedoen of nie gedoen is in terme van ons besigheid.
Gevolgtrekking
Ten slotte, om winsgewend te wees, moet ‘n boerdery eerstens produkte lewer wat kliënte nodig het. Daarna moet die bestuur van 'n boerdery-onderneming voortdurend verbeter om volhoubare wins te verseker.
