Celebrate (Maize) 									Afrikaans

Graan SA vier die 2009 250 Ton Klub 



Instructions: 

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente 

Photos: 67,71,80,83,87, if there is space 27,32,35,37

Captions:

Foto 027.jpg

Mentors Eduard Foord en Fanie Pienaar ontvang erkenning vir die bydrae wat hulle gemaak het.

Foto 032.jpg

Die volgende voorligtingsbeamptes het erkenning ontvang vir die bydrae wat hulle gemaak het:

S.M. Mpahleni, M. Sobuza, M.S. Nyoni (ontvang deur Solomon Mabila) en Lucas 

Nhlane. 

Foto 035.jpg

Die volgende insetverskaffers het erkenning vir hul bydrae ontvang:

Agterste ry: Luvo Qongqo, Jan du Preez, Div Bosman, Victor Thabethe, Charles Matlou,

Lawrence Watch en Jarius Metswamere.

Voorste ry: Dudu Mashile, Muzi Hlongwane en Salome Modise.

Foto 037.jpg

Opleiders speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van Ontwikkelende Produsente. Die volgende opleiders het erkenning vir hul bydrae ontvang:

Danie van den Berg (Spesialis: Velddienste) en Israel Mokoto van Wolmaransstad. 

Foto 067.jpg

Die Kleinboer-finaliste van die Jaar vir Mpumalanga is soos volg:

N.R. Mhlanga, E.R. Serahe, F.J. Mhlanga (wenner), M.G. Nkosi, Jerry Mthombothi (provinsiale 

koördineerder) en A.P. Masina.

Foto 071.jpg

Die Kleinboer-finaliste van die Jaar vir die Oos-Kaap is soos volg:

Nothando Mzini, S.H. Walaza, Simphiwe Elliot Shabhu (wenner), Ntombizanele Mtshulana,

en Themba Mkiva.

Foto 080.jpg

Die volgende kommersiële produsente en lede van die 250 Ton Klub, het ‘n brons kenteken ontvang:

I. Abdool, P. Nolundi Msengana en S. Jonas Mokoka.

S. Motswenyane, J. Mokoto, R.E. Pholo en George Letlojane was nie teenwoordig nie.

Foto 083.jpg

Kommersiële produsente en lede van die 500 Ton Klub het ‘n silwer kenteken ontvang:

Agterste ry: J. Metswamere, R.M. Ramoholi, William Matasane en Malefane Makubo.

Voorste ry: Philip Xaba en Me Mponeng Lentoro.

Afwesig: M.A. Bantseke en M.J. Komako.

Foto 087.jpg 

Kommersiële produsente en lede van die 1 000 Ton Klub het ‘n goue kenteken ontvang:

Karabo Peele en Moss Malo. 

Thando Lolwane was nie teenwoordig nie.













Op 29 September 2009, het die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsenete ‘n dag van feesvieringe gehad – die 250 Ton Klub feesvieringe. 



Die missie van die Graanprodusent Ontwikkelingsprogram is om swart, kommersiële produsente te ontwikkel en te bemagtig. Die feesvieringe in die Fanie Ferreira-saal NAMPO Park was gemik daarop om produsente te vereer wat ingelyf kan word by die breë landbou industrie as swart, kommersiële produsente – dié wat meer as 250 ton graan produseer. 

Die pad na kommersiële graanboerdery is nie maklik nie en daar is geen kortpaaie nie. Boerdery is vol uitdagings en winsmarges is klein. Hierdie produsente is ondersteun deur die personeel in die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente, sowel as deur ander rolspelers in die industrie, soos banke, agribesighede, insetverskaffers, voorligtingsbeamptes van die Departement Landbou en ander kommersiële produsente. 

Verlede jaar is ‘n 250 Ton Klub gestig om die suksesse van dié wat reeds meer as 250 ton graan per jaar lewer en dié wat baie naby aan kommersiële produsente is, te erken. Baie van hierdie produsente sal slegs vir nog ‘n jaar of twee deel van die program wees en hulle vordering moet erken word. 

Die lede van die 250 Ton Klub groei geleidelik. Daar is sewe 1 000 Ton-lede, dertien 500 Ton-lede en een-en-twintig 250 Ton-lede. Hierdie jaar het agt nuwe produsente lede van die klub geword. 

Tydens hierdie jaar se funksie is ‘n nuwe kategorie bygevoeg – die Kleinskaal Boer van die Jaar. In Mpumalanga en die Oos-Kaap is daar baie produsente wat slegs toegang het tot een of twee hektaar van gemeenskaplike grond. Hierdie produsente speel ‘n baie belangrike rol in plattelandse voedselsekuriteit. As deel van die program word dié produsente opgelei en ondersteun om sodoende hul produksietegnieke te verbeter. Daar is besluit om ‘n kompetisie vir hierdie produsente in te stel om hulle te vereer. Hierdie jaar se wenners was Mnr F.J. Mhlanga van Mpumalanga en Mnr S.E. Shabhu van die Oos-Kaap. Alhoewel hierdie produsente nie groot hoeveelhede grond bewerk nie, maak hulle optimaal van die grond tot hulle beskikking gebruik en lewer hulle ‘n waardevolle bydrae tot die plaaslike gemeenskappe. 

