Calibration (Maize)	  							 	Afrikaans

Die kalibrasie van ‘n planter



Instructions:

Folio strap: Meganisasie

Byline: Inligting verkry vanaf die Landbou Kontrakteurskursus



Die volgende stappe moet geneem word wanneer ‘n planter gekalibreer word:



Identifiseer al die verstelbare dele van die planter wat gebruik word vir kalibrasie (ratte en plate). 

Bepaal wat die lewering van die planter is in terme van saad en kunsmis met die huidige verstelling. 

Bepaal die afstand tussen die planter-eenhede sodat jy weet wat die rywydte is – dit sal jou in staat stel om die aantal rye per ha te bereken (bv. Indien ryspasiëring 0,9m is, is daar 100 m oor die wydte van 1 ha. 100 m/0,9 m = 111 rye per ha).

Merk ‘n afstand van 10 m.

Maak seker dat daar saad en kunsmis in die bakke is (maak seker dat die saadgrootte wat jy gebruik vir die kalibrasie, die korrekte grootte vir die plate is – slegs een pit behoort deur die gat in die plaat te gaan).

Trek ‘n plastieksak oor die kunsmispyp om kunsmis op te vang om te weeg. 

Laat die trekker en planter 10 m ver ry asof dit besig is om te plant (m.a.w. die planter se dryfwiel moet gekoppel wees, alhoewel alle eenhede wat in die grond loop, bo die oppervlak moet wees).

Saad:

Tel die aantal pitte wat oor 10 m gelewer is.

Vermenigvuldig dit met 10 om te bereken wat jy oor 100 m sou lewer (onthou ‘n ha is 100 m x 100 m). 

Vermenigvuldig hierdie syfer met die aantal rye oor ‘n 100 m (met ons voorbeeld was die rye 0,9 m wyd wat beteken dat daar 111 rye oor 100 m was). 

Daar is bv. 30 pitte oor 10 m.  Dit is gelykstaande aan 300 pitte oor 100 m.  Daar is 111 rye per ha x 300 = 33 300 plante per ha. 

Indien die antwoord hoër was as wat jy wou hê, moet die ratte op die planter aangepas word sodat die plaat stadiger draai (of die omgekeerde as jy meer plante wil hê).

Herhaal die oefening totdat jy die verlangde resultaat verkry. 

Kunsmis:

Weeg die kunsmis wat in die sak oor 10 m opgevang is.

Vermenigvuldig dit met 10 om te bereken wat jy sou lewer oor 100 m (onthou ‘n hektaar is 100 m x 100 m). 

Vermenigvuldig hierdie syfer met die aantal rye oor 100 m (in ons voorbeeld was die rye 0,9 m wyd wat beteken dat daar 111 rye oor 100 m was). 

Daar is bv. 100 g (0,1 kg) oor 10 m. Dit is gelykstaande aan ‘n 1 000 g (1 kg) oor ‘n 100 m.  Daar is 111 rye per hektaar, x 1 000 = 1 110 g per hektaar /111 kg per hektaar.

Indien die antwoord hoër is as wat jy wil hê moet die ratte op die planter aangepas word sodat die plaat stadiger draai (of die omgekeerde, indien jy meer kilogram wil hê). 

Herhaal die oefening totdat jy die verlangde resultaat verkry. 









