

Calculate										Afrikaans



Bereken kostes voor aanplanting



Instructions: 

Folio strap: Bestuur

Byline: Inligting verkry vanuit die Graan SA handleiding: Inleiding tot sonneblomproduksie

 

Boerdery is oor die algemeen daarop gerig om wins te genereer. Beduidende bedrae geld word benodig om sonneblom aan te plant en die koste verwant aan die produksie van sonneblomsaad is een van die belangrikste aspekte van produksiebestuur. 



Voordat ‘n gewas aangeplant word, is dit noodsaaklik om te bereken wat die koste sal wees en wat die moontlike inkomste kan wees. Daar was die afgelope jaar ‘n skerp toename in insetkoste vir die produksie van gewasse en dit is belangrik dat produsente hulle berekeninge baie sorgvuldig doen. 



Koste kan verdeel word in twee verskillende kategorieë – direkte of veranderlike koste en oorhoofse of vaste koste. 



Oorhoofse koste

Dit is die koste verwant aan die bestuur van die boerdery as ‘n geheel – dit is die koste wat nie direk verwant is aan die aanplant van die spesifieke gewas nie. Hierdie koste is deurlopend, ongeag die tyd van die jaar of die seisoen. Hierdie koste sluit in rekenmeestersgelde, bankkoste, salarisse en lone, onttrekkings, elektrisiteit, lisensies en heffings, herstel en onderhoud, rente op lenings, voertuigkoste en skryfbehoeftes. Hierdie koste kan beduidend wissel van produsent tot produsent, afhangende van die grootte van die plaas, die skuld lading en die styl en koste van bestuur.



Direkte/veranderlike koste

Hierdie is die koste wat direk gekoppel is aan die gewas wat aangeplant is. Koste sluit in items soos diesel, kunsmis, saad, chemikalieë, stroopkoste, bemarking en tydelike arbeid. In die meeste gevalle is hierdie koste per hektaar vergelykbaar, ongeag die tipe boerdery en die potensiële opbrengs van die gewas wat beplan is.



Dit is belangrik om finansiële beplanning te doen voor die aanplant van enige gewas. Dit is baie beter om ‘n kleiner area sorgvuldig voor te berei en aan te plant om sodoende die beste kans op ‘n oes te hê. Die risiko vir is so hoog dat dit nie sinvol is om enige risiko’s te neem nie – die weer is ook onvoorspelbaar, daarom kan geen ander kortpaaie geneem word nie. Daar is dikwels koste wat nie in oorweging geneem word wanneer ‘n oes aangeplant word nie – hieronder is voorbeelde van die tipes bewerking wat gedurende die proses van gewasproduksie benodig mag word.



Moontlike aksies benodig:

Gooi van kalk;

Sny van lande;

Diep bewerking van lande;

Beitel ploeg;

Ploeg;

Saadbed voorbereiding;

Plant;

Onkruid- en plaagbeheer;

Topbemesting;

Bewerking;

Addisionele onkruid- en plaagbeheer;

Stroop; en

Vervoer van die produk. 



Tabel 1: ‘n Voorbeeld van direkte koste verwant aan sonneblom aanplanting (gebruik die nuutste pryse wanneer huidige scenario’s bereken word).



Sentraal Vrystaat produksiekostes vir 2007/2008 en 2008/2009
 
 
 
 
 
 
 

 
Begroting teen 
 
Oktober 2007
 
4 Maart 2008
 
 22 April 2008
 

 
 
 
2007/2008
 
2008/2009
 
2008/2009
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Teiken opbrengs (ton/ha) 
 
1,50
 
1,50
 
1,50
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Direkte koste (R/ha) 
 
 
 
 
 
 
 

 
Saad
 
144,00
 
165,60
 
165,60
 

 
Kunsmis
 
744,50
 
1 181,35
 
1 411,65
 

 
Kalk
 
140,53
 
140,53
 
140,53
 

 
Brandstof
 
439,31
 
586,41
 
719,36
 

 
Herstel
 
328,91
 
328,91
 
328,91
 

 
Onkruiddoders
 
132,32
 
272,00
 
272,00
 

 
Plaagdoders
 
51,72
 
54,90
 
54,90
 

 
Insetversekering
 
81,90
 
157,37
 
157,37
 

 
Skansing
 
96,96
 
145,00
 
162,78
 

 
Oes
 
 
 
 
 
 
 

 
Gewasversekering 
 
159,60
 
306,66
 
306,66
 

 
Rente op produksiekoste 
 
129,99
 
233,66
 
269,68
 

 
Totale direkte koste (R/ha) 
 
2 449,74
 
3 572,39
 
3 989,44
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 Totale oorhoofse koste (R/ha) 
 
1 106,83
 
1 244,63
 
1 244,63
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
Totale produksiekoste voor bemarking 
 
3 556,57
 
4 817,02
 
5 234,07
 

 


Tabel 2: Moontlike opbrengs en inkomste/ha by verskillende pryse/ton.




 
R 3 250/ton
 
R3 500/ton
 
R3 750/ton
 
R4 000/ton
 
R4 250/ton
 
R4 500/ton
 

 
1,00
 
R3 250
 
R3 500
 
R3 750
 
R4 000
 
R4 250
 
R4 500
 

 
1,50
 
R4 875
 
R5 250
 
R5 625
 
R6 000
 
R6 375
 
R6 750
 

 
2,00
 
R6 500
 
R7 000
 
R7 500
 
R8 000
 
R8 500
 
R9 000
 

 


Die produksie van sonneblom is tans baie aantreklik – ondersoek die moontlikheid of jy nie miskien sonneblom moet aanplant in plaas van ander moontlike gewasse wat in jou area verbou word nie. 

