Boom (Maize)										Afrikaans



Onkruidspuite: Alles wat jy moet weet



Instructions:

Folio strap: Meganisasie

Byline: Aangepas vanuit die Graan SA Tegniese Vaardigheidsontwikkelings Kursus deur Jane McPherson

Photos: 	Boom 1 (Look at original article to see where to put photo)

Boom 2 (Look at original article to see where to put photo)

Boom 3 (Look at original article to see where to put photo)

Boom 4 (Look at original article to see where to put photo, replace the text)

Boom 5 (Look at original article to see where to put photo)

Boom 6 (Look at original article to see where to put photo)



Lae druk 

Groot druppels

Hoë-druk

Klein druppels

Tipes spuit patrone

Holkeël spuitpatroon 

Soliede spuitpatroon

Platwaaier spuitpatroon

Egalige spuitpatroon

Vloedsproei

Raamwerk 

Spuitbalk 

Tenk

Kontroleer olievlak

			Drukmeter

			Beheerkleppe

			Drukbeheerklep

			Afsluitklep

	NUWE SPUITPUNTE

Produseer ‘n eenvormige verspreiding wat behoorlik oorvleuel

GESLYTE SPUITPUNTE

Beskik oor ‘n hoër uitset met meer gekonsentreerde sproei onder elke spuitpunt

BESKADIGDE SPUITPUNTE

Beskik oor ‘n oneweredige uitset – oorvleueling en onderlewering

Figuur 1: Platwaaier spuitpatroon

Figuur 2: Verlengde reeks platwaaier spuitpatroon

Figuur 3: Wye hoek platwaaier spuitpatroon

Figuur 4: Egalige spuitpatroon

	

By gewasproduksie word bespuiting gewoonlik gebruik om onkruid te vernietig, insekte te dood of blaarvoeding aan te wend (kunsmis wat deur die blare opgeneem word). In hierdie artikel gaan ons kyk na die komponente van die onkruidspuit en hoe dit werk.



Spuit van onkruid kan gedoen word voordat die onkruid uitspruit (voor-opkoms spuit), of wanneer die onkruid reeds op die land staan (na opkoms). Dieselfde geld vir insekte of wurms – soms spuit jy die grond net nat om insekte of wurms wat in die grond mag wees te vernietig, of jy kan direk op die insek spuit (dit word kontak spuit genoem en dit dood die insek direk) of jy kan die plant bespuit en die insek vrek nadat dit die giftige plant geëet het (dit word sistemies genoem– die insek vrek omdat dit die giftige plant eet en nie deur die druppels nie).



Dit is belangrik om te verstaan dat die sproei aangewend moet word teen ‘n sekere hoeveelheid per hektaar om die verlangde effek te verkry. Indien te min gif per hektaar aangewend word, sal jy nie die verlangde resultate verkry nie en dit is ook nie goed om te veel gif te spuit nie, omdat dit baie duur en selfs gevaarlik kan wees.



Die druppels kan grof (groot) of fyn (klein) wees. Hoe growwer die sproei, hoe minder sal dit deur die wind beïnvloed word, maar dit sal ook vinniger van die blare afgly. Fyner sproei gly nie van die blare af nie, maar dit kan gedurende aanwending deur die wind weggewaai word. 



Hoe fyner die sproei, hoe minder vloeistof word aangewend – hoe growwer die sproei, hoe meer vloeistof word aangewend. Fyner sproei sal gewoonlik die oppervlak beter bedek, terwyl die oppervlak tussen growwer druppels groter kan wees en dus nie die hele oppervlak beslaan nie. 



Dit is baie belangrik dat jy op die regte stadium van ontwikkeling (van die onkruid) of die optimale besmetting (van die insek) spuit. Dit is ook belangrik om instruksies te volg met betrekking tot watter tyd van die dag gespuit moet word asook ander faktore soos droogte stres van die gewas. Dit sal nutteloos wees om onkruid te spuit nadat dit saad gevorm het omdat die onkruid alreeds in die grond gevestig is vir die volgende jaar. Verder het dit nie nut dat die onkruid met die gewas vir vog en voedingstowwe kompeteer nie. Hoewel dit nie koste-effektief is om te spuit as daar slegs ‘n paar insekte sigbaar is nie, kan daar nie gewag word totdat die oes byna opgevreet is voordat die insekte bespuit word nie. 



Hoe werk spuite?

Spuitpunte

Verskillende spuitpunte is ontwerp om verskillende spruitpatrone te produseer. Verskeie spuitpunte en spuitpunt groottes is beskikbaar. Die waaiervormige spuitpatroon word gewoonlik aanbeveel wanneer op die grond gespuit word terwyl die keëlvormige spuitpatroon gebruik word wanneer plante bespuit word. 



Pompe

‘n Pomp word benodig om die vloeistof uit die tenk te spuit. Die pomp moet druk op die vloeistof toepas sodat die spuitpunt kan spuit. 



Tipes spuite

Handspuite

Handspuit

Spuit met tenkinhoud onder druk

Rugsakspuit

Kragaangedrewe spuite

Enjin aangedrewe rugsakspuit

Onkruidspuit op ‘n trekker gemonteer

Lugdruk spuit

Lugdruk vir onkruidspuit

Boordspuit

Gespesialiseerde spuite

Handspuit (disc atomizer)

Trekker gemonteerde spuit(disc atomizer)



Komponente van die onkruidspuit

Raamwerk en spuitbalk

Daar is verskillende tipes raamwerke waaraan die spuitbalk geheg is. Die spuitbalk kan toe- en opgevou word vir vervoer – dit kan hidroulies of met die hand gedoen word. Op die raamwerk van die spuit is daar twee verstellings om die spuitbalk te lig of te laat sak. Hierdie verstellings wissel van spuit tot spuit en sommige word hidroulies beheer terwyl ander met ‘n sisteem van boute verstel kan word. 



Spuittenk

Die tenk moet van erosievrye materiaal vervaardig word bv. vlekvrye staal, gegalvaniseerde staal of veselglas. Die materiaal wat gebruik word is gewoonlik ondeurdringbaar wat beteken dat daar geen neerslag van die gif in die tenk sal wees na gebruik nie. Dit is belangrik om enige skade aan die tenk te herstel veral waar verwering plaasvind, omdat dit kan lei tot lekkasies.



Pomp 

Die pomp en al sy komponente moet in goeie werkende toestand wees. Pompseëls en wassers van leer of sintetiese materiaal kan uitdroog en krimp indien die spuit vir ‘n tyd lank nie gebruik word nie of nie ordentlik gestoor word nie. Die oplossing in sommige insekdoderformulasies kan pompseëls beskadig wat kan lei tot lekkasies rondom die pomp of lei tot oneffektiewe pompaksie. 



Die meeste pompe word deur olie gesmeer en dit is belangrik dat die olievlak gereeld nagegaan word om te verseker dat dit bokant die minimum vlak bly.



Rubberpype

Vervang pype wat gekraak is of lek. Onthou dat pype wat vir plaagdoders gebruik word nooit heeltemal gedekontamineer kan word nie. Daar sal altyd ‘n neerslag agterbly. Die wat vervang word, moet weggegooi word en nie vir ander doeleindes hergebruik word nie.



Filters

Gebruik altyd filters wanneer die spuit in werking is. Dit verhoed dat onsuiwer en vreemde voorwerpe spuitpunte kan verstop en spuitverrigting kan verminder. 



Drukmeter en kontroles

Die vloeistofdruk in die spuit word gemonitor deur die drukmeter. Die meter meet die spuitdruk deur die spuitpunte omdat dit tussen die druk reguleerder en spuitpunte geleë is. Gevolglik kan ‘n verandering in druk beteken dat daar ‘n disfunksie bestaan. Maak seker dat drukmeters in ‘n goeie werkende toestand is en behoorlik gekalibreer is. 



‘n Drukverligtingklep in die sisteem kan gebruik word om die druk aan te pas. Dit kan oopgemaak word om die verlangde hoeveelheid mengsel na die spuitpunte deur te laat en die orige vloeistof in die tenk te hou, of dit kan heeltemal oopgemaak word wat beteken dat die mengsel deur die sisteem sirkuleer. Dit is ‘n belangrike kenmerk wat verhoed dat die aktiewe bestanddeel na die bodem van die tenk sak wanneer dit in ‘n rustende posisie is. ‘n Smaller of wyer sproei word gewoonlik toegelaat deur ander krane wat die sproei na ander dele van die spuit kan afsny.



Hegstukke en klampe

Los of gekraakte hegstukke is dikwels ‘n bron van lekkasies. Verseker dat hegstukke en klampe styf pas voordat die sisteem onder druk geplaas word en vloeistof pomp. Wanneer die sisteem onder druk is, moet daar vir lekkasies nagegaan word. 



Spuitpunte en filters

Gaan spuitpunte gereeld na om te verseker dat dit nie verstop is nie. Geslyte spuitpunte veroorsaak dat meer chemikalieë gespuit word en ook lei tot oneweredige bespuiting en onkonsekwente resultate. Spuitpunt openinge kan ook verander, veral wanneer formulasies met ‘n vretende aksie, soos benatbare poeiers, gereeld gebruik word. Vervang die spuitpunte wanneer die verwering veroorsaak dat die vloeilewering 5-10% as die van ‘n nuwe punt meer is.

