

Bio-ethanol									Afrikaans



Bio-etanol – wat gebeur in die politieke arena?



Instructions: 

Folio strap: Bio-etanol

Byline: Jenny Mathews, voorsitter van die Graan SA ontwikkelingsprogram  



Indien jy die mediadekking rondom beleidsontwikkeling vir biobrandstof gevolg het, sal jy weet dat daar baie kommer bestaan rondom die gebruik van mielies, ‘n belangrike bron van voedsel, in die vervaardiging van brandstof. Terselfdertyd is daar ingeligte meningsvormers wat glo dat die mielie-na-etanol industrie ‘n positiewe impak op voedselsekuriteit kan hê.



Mielieprodusente is blootgestel aan geweldige skommelings in produkpryse, omdat pryse afhanklik is van die grootte van die oes. Twee jaar gelede het die mielieprys in ‘n goeie seisoen tot ‘n rekord laagtepunt gedaal en mielieprodusente het desperaat begin soek na nuwe markte vir hul graan. 



Wessel Lemmer, ‘n senior ekonoom van Graan SA, het gesê dat Suid-Afrika 8,6 miljoen ton mielies jaarliks produseer, terwyl die land die kapasiteit het om 12 miljoen ton te produseer. Meer as ‘n miljoen hektaar beskikbare grond lê onbewerk as gevolg van swak markte oor die laaste twee dekades. Produsente moes vinnig stygende insetkoste hanteer, teenoor ‘n veranderende mielieprys wat mielieproduksie onseker maak. “Indien ons ‘n mark het vir ‘n potensiele 3 miljoen ton”, het hy uitgewys, “kan ons ‘n groot bydrae tot ekonomiese groei in hierdie land maak.”



Daar is egter ander rolspelers wat vrees dat, indien mielies as ‘n alternatiewe energiebron gebruik sou word, dié stapelvoedsel se produkpryse sal styg, wat ‘n bedreiging vir voedselsekuriteit sal inhou, in ‘n land wat van mielies afhanklik is om in sy mense se basiese voedselbehoeftes te voorsien. Mosibudi Mangena, minister van Wetenskap en Tegnologie, het in Julie 2007 genoem dat sommige amptenare die wysheid om mielies as hoofbron vir energie te gebruik, begin bevraagteken. Een van die vrae wat gevra word, is: “Indien ons suiker en mielies vir etanolproduksie gebruik, watter invloed sal dit op voedselsekuriteit hê?”



Gedurende Augustus 2007 het Tito Mboweni, goewerneur van die Reserwebank in Suid-Afrika, gewaarsku dat die globale tendens om mielies as ‘n bron vir etanol te gebruik, kospryse aansienlik laat klim het. Hy het sy besorgdheid oor die gebruik van mielies vir etanol uitgespreek en genoem dat, hoewel hy die noodsaaklikheid van biobrandstof besef, hy eerder suiker na etanol sal omskakel. 



Graan SA, tesame met die Landbou Besigheidskamer, die Nasionale Bemarkingsraad en verteenwoordigers van die SA Bio-brandstof Assosiasie (SABA), het met mnr Mboweni vergader en ‘n verslag aan hom voorgelê waarin die positiewe invloed wat die omskakeling van mielies na etanol op beide mielieproduksie en voedselsekuriteit kan hê, vervat is. 



Andrew Makenete, die president van SABA, glo dat die geleenthede wat die biobrandstof-bedryf bied, beleggings na die platteland sal lok en sodoende broodnodige ontwikkeling in die landbou sal aanmoedig. Hierdie ontwikkeling sal ‘n positiewe impak op heelwat nuwe produsente in die land hê. Volgens SABA is die beste benadering wat Suid-Afrika kan volg een wat van ‘n verskeidenheid gewasse gebruik maak, insluitende mielies, suikerriet, suikerbeet en soet- en graansorghum. 



Kobus Lindeque, besturende direkteur van Monsanto vir sub-Sahara Afrika, is ook ten gunste van mielies-na-etanol produksie. Hy glo dat so ‘n projek die perfekte geleentheid vir die regering skep om opkomende produsente op plase te vestig as deel van die grondhervormingsbeleid. 





Die regering het sy biobrandstof-strategie uiteindelik vroeg in Desember 2007 aangekondig. Hier is sommige relevante uittreksels:



“A significant change to the draft strategy is to adopt a short term focus (5 year pilot) to achieve a 2% penetration level of biofuels in the national liquid fuel supply, or 400 million litres per annum. The target has been revised down from the 4,5% target that was initially proposed in the draft strategy document. The following crops are proposed for the production of biofuels in the country: for bio-ethanol, sugar cane and sugar beet and for biodiesel sunflower, canola and soya beans. The exclusion of other crops and plants such as maize and Jatropha is based on the food security concerns. Further research is still needed to test usability of these in the country.



“A number of potential investors have expressed interest in biofuels development. Some sugar industry players are already producing bio-ethanol for the potable and export alcohol markets and are developing fuel ethanol capacity in neighbouring countries. Some maize growers, in collaboration with private investors, have announced their intention to build several maize-to-ethanol factories. This has faltered due to uncertainty over regulations and incentives and due to the significant increase in local and world maize prices. The maize price increase has occurred largely due to the USA, which produces about 50% of world traded maize, diverting 25% of its crop to ethanol production, as well as to the phasing down of agricultural export support. The global maize price increases and the shortage of basic food stuffs in Mexico, which were directly linked to biofuels investments, have influenced South Africa to exclude maize use in its initial stages of biofuels development.”



Kortliks: die regering het sy besorgdheid oor voedselsekuriteit beklemtoon toe die besluit geneem is om mielies van die lys van moontlike kommoditeite (wat in die aanvangsfase van die langverwagte biobrandstofstrategie gebruik kan word) te verwyder, maar die huidige strategie stel steeds ‘n 2% biobrandstofproduksie teen 2013 voor. 



Minister Lulu Xingwana het Graan SA na ‘n samespreking genooi, waarna die volgende verklaring uitgereik is:



Deur nie gesluit vir die produksie van bio-etanol vanaf mielies nie

Op uitnodiging van die minister van Landbou en Grondsake, me Lulu Xingwana, het ‘n bespreking plaasgevind op Donderdag 13 Desember 2007, tussen haar departement, Graan SA, Agri-SA en NAFU. Die bespreking het gefokus op die besluit deur die kabinet om mielies uit te sluit in die bio-brandstof industriele strategie. Sy het die vergadering ingelig dat die besluit deur die kabinet gebaseer is op die besorgdheid dat daar nie genoeg mielies beskikbaar sal wees om volhoubare vooraad aan die bio-etanol industrie te voorsien, sonder om voedselsekuriteit te benadeel nie.



Sy het bygevoeg dat dit nie die doel van die kabinet is om mielies uit te sluit as daar ‘n produksiesurplus is nie en dat dit moontlik is om voort te gaan met besprekings met die minister van Minerale en Energie, me Buylwa Sonjica en die kabinet. Addisionele ondersoeke deur die bio-brandstof taakspan is geregverdig op voorwaarde dat Suid-Afrika meer mielies produseer as wat vir binnelandse gebruik benodig word. 



Om die proses op hierdie stadium voort te sit, is dit die verantwoordelikheid van die industrie om meer mielies te produseer, om sodoende die minister van die nodige argumente te voorsien en om sodoende die kabinet te oortuig om mielies in te sluit in die bio-brandstof industriële strategie. Die mees belangrike argument is dat die skep van nuwe markte vir die surplus produksie kapasiteit bo huidige aanvraag, sal bydra tot voedselsekuriteit op ‘n positiewe manier.



