Barley (Wheat)									Afrikaans
Garsproduksie in die Taung besproeiingskema
Folio strap: Gars-oes
Byline: Johannes Kokome, Garsproduksie Bestuurder by Suid-Afrikaanse Brouerye in 
	Taung
2010 was 'n jaar vol uitdagings vir die aanplanting van gars in die Taung Besproeiingskema. Verskeie uitdagings moes oorkom word, onder andere die bekendstelling van die “cocktail” tipe, die ryp en koue wat voortgeduur het tot September, die reën wat geval het, haelstorms en minimum bewerking.
Die bekendstelling van “cocktail” as 'n nuwe kultivar in die Taung Besproeiingskema was 'n groot uitdaging. “Cocktail” het homself bewys as 'n kultivar wat die potensiaal het om baie hoë tonnemaat te produseer. In die geskiedenis van garsaanplanting in Taung, is “cocktail” die eerste om die tonnemaat te produseer wat in die vorige seisoen geproduseer is. Daar was 'n paar lande wat 7,9 ton per hektaar geproduseer het. As dit nie was vir die uitdagings hierbo genoem nie, sou “cocktail” sy waarde bewys het. Die probleem was siftings en stikstof wat nie aan die SABM standaarde voldoen het nie. Dit het ‘n verbetering in die tonnemaat van gars getoon sedert dit in die Taung besproeiingskema in 1981 bekendgestel is.
2010 was 'n jaar wat deur koue/sneeu geteister was. Koue en ryp het voortgeduur tot Oktober. Dit beteken dat die ryp die gars beïnvloed het op verskillende stadiums wat wissel van die bot stadium, die bloeisel stadium, die sagte deeg stadium en ook toe dit reeds ryp was. Dit het die gars baie negatief beïnvloed. Klimaatstoestande is baie belangrik by die aanplanting van gars. Daar was 1 129 ton en stikstof wat laer was as 1,35, wat 'n aanvaarbare standaard vir die SABM was toe 33 ton verlede jaar verkoop is as siftings.
Te veel reën kan ook die kwaliteit van gars beïnvloed. Ten tye van die oestyd in 2010, was dit ook die begin van die somerreëns. Die oes van gars begin op 8 November en op 12 November het die somerreën begin val. Op daardie stadium was baie min van die gars geoes. Lande wat nie geoes is nie, is gevang deur die reën en het ‘n toestand gehad bekend as "voor-ontkieming". SABM het egter ondersoeke gedoen oor hoe hulle en die produsente mekaar kan help en ook oor hoe hulle die gars tot hul voordeel kan benut.
Haelstorms kan verlaagde produksie en opbrengs tot gevolg hê. Ongeveer 140 hektaar is beïnvloed deur die hael. Haelstorms het vir drie agtereenvolgende kere voorgekom. Volgens die versekeringsmaatskappye wissel die skade tussen vyf en sewe en veertig persent. Dit is ‘n bewys van hoeveel en tot watter mate die opbrengs verlaag het. Lande wat gewoonlik tussen ses en sewe ton per hektaar kon produseer, kon slegs daarin slaag om 4,9 ton per hektaar te produseer.
Dit was ook belangrik om 'n manier te vind om die koste van implemente te verlaag. Dit is dus beter om minimum bewerking te gebruik. Hierdie metode verminder die gebruik van implemente – jy kan meer as een operasie gelyktydig uitvoer. Op hierdie manier kan jy diep losmaak, plant en kunsmis toedien, alles gelyktydig. Met die gebruik van hierdie metode was dit moontlik om ongeveer 6,8 ton per hektaar op honderd en twintig hektaar te produseer.
Produsente het hierdie jaar uitdagings gehad waaruit hulle baie geleer het. Van die oes is 3 688 ton ook gebruik as veevoer.
