Banner



Watter studiegroep het die beste banier gemaak?



Instructions:

Folio strap: Studiegroepe

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA ontwikkelingsprogram

Insert: Nasionale Beste Studiegroep Banier Kompetisie!



Een van die belangrike projekte in ons ontwikkelingsprogram vir ontwikkelende produsente is die stigting en bediening van studiegroepe. 



Daar word van elke provinsiale ontwikkelings-koördineerder verwag om 25 studiegroepe in die area wat hulle diens te stig en te bedien:

Tonie Loots in die Noord-Westelike gedeelte van Noordwes

Amos Njoro in die Sentrale gedeeltes van Noordwes en Noord-Vrystaat

Johan Kriel in die res van die Vrystaat

Jerry Mthombothi in Mpumalanga, en 

Philip Olivier in die Oos-Kaap. 



Die doel van die studiegroepe is: Om ontwikkelende produsente wat toegang tot grond het, aan te moedig om studiegroepe te vorm waar hulle gereeld bymekaar sal kom om toegang te verkry tot opleiding en inligting rakende die mielie-industrie.



Vir die eerste keer, het Johan Kriel hierdie jaar ‘n kompetisie begin tussen die studiegroepe vir die beste banier. Hierdie baniere word gebruik by elke studiegroepvergadering en boeredag en word gebruik om die produsente hulle eie identiteit te gee, asook ‘n gevoel van samehorigheid. Die meegaande foto’s is ‘n aanduiding van die kwaliteit van die baniere. 

Omdat die kompetisie slegs in die Vrystaat geloods word, dien die artikel as ‘n bekendstelling van die gedagte aan ander streke. 



Ons sien daarna uit om foto’s te ontvang van die baniere van die provinsiale koördineerders. Mag die beste banier wen! 

