Assets (Maize)									Afrikaans



Bates en laste – besit jy of skuld jy?



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingprogram vir produsente



As besigheidsman en produsent, moet jy ‘n duidelike uiteensetting van jou bates en laste hê. Wat besit jy en wat skuld jy? 



Boerdery is ‘n besigheid en gewasboerdery het groot finansiële implikasies. 

Gewoonlik moet ‘n produsent sommige of al die insette leen. 

Uitleen-instansies moet ‘n volle prentjie van die produsent se besigheid hê – hulle moet al die besonderhede van die bates (realisties gewaardeer) en al die laste hê. Dikwels is produsente sensitief om hierdie inligting te openbaar, maar finansiële instansies het toegang tot al die finansiële rekords (soos deur die kredietwet bepaal) en indien jy nie die waarheid vertel nie, sal hulle alles uitvind en sal jy jou kredietwaardigheid, sowel as die moontlike lening verloor. 

Indien jy ‘n volhoubare produsent is, moet jy in staat wees om al jou lenings te diens – plaas die totale prentjie op die tafel en laat mense met die nodige finansiële vaardighede toe om jou by te staan. 



Register van bates en laste



BATES

 
 

 
Grond 
 

 

 

 
 
 

 
Trekkers en implemente
 

 

 

 

 

 
Lewende hawe
 

 

 

 

 

 
Handelsdebiteure 
 

 

 

 

 

 
 TOTALE BATES


 

 

 


LASTE

 
 

 
Langtermyn laste 
 
 
 

 

 
 
 

 
Medium termyn laste
 
 
 

 

 
 
 

 
Agri-besigheid
 

 

 

 

 

 
Bankrekening 
 

 

 

 

 

 
TOTALE LASTE


 

 

 


 

