Access (Maize)										Afrikaans



Toegang tot grond en huur van grond



Instructions: 

Folio strap: Huur van grond

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente



Alle boerdery vereis die gebruik van grond. In Suid-Afrika het ons verskillende sisteme van grondgebruik. Elke sisteem het sterkpunte en swakpunte. Dit is nie ‘n probleem as jy een spesifieke sisteem gebruik nie, maar dit is wel belangrik om die sisteem waarvolgens jy werk, te verstaan. 



Een van die belangrikste dinge is om ‘n plaaskaart te hê, omdat dit is waar jy begin met jou beplanning. Indien jy nie toegang tot ‘n kaart het nie, (in die geval van kommunale grond), kan jy iemand kry om die grond vir jou op te meet met ‘n GPS. Dit sal die spesifieke posisie van die grond aandui, asook die akkurate grootte van die grond. Onthou dat dit belangrik is om te weet hoe groot die grond is, omdat alle berekeninge rondom jou begroting afhang van die aantal hektare betrokke. 



Een van die groot kwessies rondom die gebruik van grond, is dat dit noodsaaklik is om sekuriteit aan te bied indien jy geld wil leen. Indien jy nie oor die titelakte beskik nie, kan jy nie die grond aanbied as sekuriteit nie. Dit kan ‘n nadeel wees, maar onthou, indien jy ‘n verband registreer teen jou grond, kan jy dalk ‘n lening kry, maar indien jy om een of ander rede nie jou lening kan terugbetaal nie, sal hulle jou grond verkoop om die uitstaande verband te delg. Dit is ‘n gesonde beginsel in die vryemark ekonomie in ‘n kapitalistiese sisteem (wat regoor die wêreld werk). Jy as ontwikkelende produsent moet egter leer om nie alles op die spel te plaas nie. Hierdie is een van die redes hoekom ek glo dat jy klein moet begin sonder groot lenings – as dinge sou verkeerd loop, sal jy nie alles verloor nie. Onder die kommunale sisteem, waar tradisionele leiers die grond bestuur, kan jy begin op die stuk grond aan jou toegestaan deur die hoofman en wanneer jy suksesvol is, kan jy grond “huur” van jou bure wat nie self boer nie. Onthou dat nie almal produsente is of wil wees nie. Ons het baie voorbeelde van suksesvolle produsente wat op kommunale grond boer en nie self ‘n hektaar grond besit nie. 



Huur van grond



Titel akte
 

 

 
Toestemming om stamgrond te beset?
 

 

 
Wettige huur-ooreenkoms?
 

 

 
PLAS sisteem van Grondsake 
 

 

 
Dorpsgrond (Besit deur die munisipaliteit) 
 

 

 


Sekere areas is meer geskik vir sekere tipes boerdery. Die reënval, die eerste en laaste datums vir verwagte ryp en die gronddiepte bepaal dit. Dit is ook belangrik om te weet of die grond toegang tot besproeiing het – onthou dat besproeiingsboerdery meer bestuursintensief is, maar ook minder reskant is, omdat die gewas besproei kan word wanneer nodig. Vir sekere tipes boerdery is toegang tot elektrisiteit baie belangrik. Die waarde van omheining is groot – indien jy nie vee uit jou lande kan hou nie, kan jy nie gewasse suksesvol bestuur nie. 



Algemene inligting rondom jou grond



Distrik
 

 

 
Naaste dorp
 

 

 
Totale plaas groottes (hektare)
 

 

 
Plaasnaam
 

 

 
Eskom (Puntnommer)
 

 

 
Transformatorgrootte
 

 

 
Besproeiing (hektare)
 

 

 
Drakrag van die distrik/ hektare
 

 

 
Jaarlikse reënval (mm)
 

 

 
Minimum en maksimum temperature
 

 

 
Eerste datum van ryp
 

 

 
Laaste datum van ryp
 

 

 
Omheining – (beskryf indien lande en kampe omhein is, en die toestand van die heining)
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Besonderhede van die grond

Kaart van die plaas – maak seker dat jy ‘n kaart van die plaas het en oriënteer jouself ten opsigte van Noord, Suid, Oos en Wes. 

Dit is belangrik om toe te sien dat elke kamp en land genommer is (dit sal later gebruik word vir grondmonsters en beplanning van die gebruik van die grond). 

Kontroleer die grootte van elke land en kamp (dit is belangrik vir beplanning in grondgebruik en begroting). Indien hierdie inligting nie op die kaart beskikbaar is nie, sal dit noodsaaklik wees om dit vas te stel. 

Kaarte vir kommunale grond is nie altyd beskikbaar nie. Indien jy op kommunale grond boer, sal ‘n GPS nodig wees om die koördinate van die spesifieke grond te bepaal. 



Bewerkbare grond 



Plaasnaam 
 
Landnommer
 
Grootte
 
Grondtipe
 
Gronddiepte 
 
Kondisie (huidige status en gewas op die land) 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Notas:

Daar is verskillende metodes om die grootte van grond vas te stel – jy kan om die grond loop en jou treë tel, ‘n maatwiel- of die trekkerwielmetode gebruik, maar die mees akkurate metode is die gebruik van ‘n GPS. 

Grondtipes, soos klei, leem of sandtipes.

Gronddiepte bepaal of daar enige lae is wat wortelgroei kan beperk – dit kan bepaal word deur ‘n grondboor te gebruik of deur ‘n profielgat te grawe. 

Dit is noodsaaklik om die huidige status van die grond te bepaal, omdat dit ‘n invloed sal hê hoe die grond in die onmiddellike toekoms bestuur sal word.

Daar sal altyd afvalgrond wees – dit sluit in paaie, panne, asook die grond waarop geboue opgerig is. 



Neem van grondmonsters (vir bewerkbare grond)

Dit is belangrik dat grondmonsters ten minste elke twee jaar geneem word. Kunsmistoediening is een van die belangrikste koste faktore by gewasverbouing en sorg moet gedra word dat die korrekte kunsmis op elke land gebruik word. 



Dit mag dalk vir die produsent nodig wees om te betaal vir die neem van grondmonsters. Dit is geld wat goed bestee word. 

Die korrekte metode vir die neem van grondmonsters moet gebruik word. 

Grondmonsters van beide die bo-grond en onder-grond moet geneem word. 

Elke monster moet duidelik gemerk word met die naam en adres van die produsent, naam van die plaas en die landnommer (daar kan ernstige gevolge wees indien dit nie korrek gedoen word nie). 

Die monsters moet weggestuur word vir ontleding – die volgende instansies beskik oor laboratoriums: 

LNR (Glen, Cedara, Dohne, Grond, Water en klimaat in Pretoria, Kleingraan Sentrum in Bethlehem); en

Omnia (en ander kunsmismaatskappye). 

Onthou om te versoek dat die klei-inhoud ook bepaal word. 

Vra terselfdertyd ‘n kunsmisaanbeveling ook aan. Die volgende inligting moet verskaf word: 

Die gewas wat aangeplant gaan word; en

Die teiken-opbrengs van die gewas.



Natuurlike veld en aangeplante weiding 



Plaasnaam 
 
Kampgrootte
 
Grootte
 
Veldtipe 
 
Drakrag 
 
Kondisie (huidige toestand van die veld) 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 




Besproeiing en waterregte 



Besproeiing (hektare)
 

 

 
Tipe besproeiing 
 
Permanente besproeiing
 

 

 
Besproeiing met rubberpype wat verskuifbaar is
 

 

 
Spilpunt
 

 

 
Ander 
 

 
Waterbron 
 

 

 
Boorgatkapasiteit 
 

 

 
Geregistreer by die Waterraad 
 

 

 
Hoeveel water mag jy gebruik?
 

 

 
Heffings betaalbaar op die grond
 

 

 


