NWU se Andr Mellet is Absa/Beeld se Ekonoom van die Jaar






NWU se Andr Mellet is Absa/Beeld se Ekonoom van die Jaar

VANDERBIJLPARK - Mnr Andr Mellet, 'n ekonomie-lektor verbonde aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit is onlangs aangewys as die nuwe Ekonoom van die Jaar in die Absa/Beeld Ekonoom van die Jaar-kompetisie.
Di prestige benoeming is op Dinsdag, 8 Mei 2007, tydens 'n glansgeleentheid in Kyalami gemaak toe mnr Mellet koning gekraai het met sy voorspellings oor die ekonomie.
Wat sy prestasie soveel groter maak, is die feit dat hy die eerste akademikus is wat die kompetisie wen en dat hy, volgens die beoordelaars, die ekonoom is wat nog met die grootste verskil tussen hom en die tweede plek gewen het.
Volgens die kompetisie se uitslag was mnr Mellet in die kol met vyf van die tien veranderlikes en was sy vooruitskattings oor rentekoerse die akkuraatste.  Hy neem reeds vanaf 2003 aan die kompetisie deel en het vanjaar 'n groep van 30 ander ekonome uitgestof.
Behalwe die titel as Suid-Afrika se beste ekonoom vir 2006 is mnr Mellet ook met 'n trofee en R100 000 beloon.
Mnr Mellet is 'n gerekende finansile analis wat reeds verskeie artikels vir die Financial Planners Institute (FPI) gelewer het.
As akademikus het hy reeds 'n aantal sertifikaatkursusse die lig laat sien en is hy 'n bekende gasspreker oor ekonomiese aangeleenthede. Sy belangstelling sluit monetre ekonomie sowel as makro-ekonomie en beleidsaangeleenthede in. Hy het dan ook sy meestersgraad in monetre ekonomie verwerf.
Mnr Mellet beskou die benoeming as 'n groot eer en 'n hoogtepunt in sy loopbaan. Hy is reeds elf jaar betrokke by die Vaaldriehoekkampus.




'n Trotse mnr Andr Mellet met die trofee wat hy as Ekonoom van die Jaar ontvang het.

