NWU ontvang DALRO-beurs






NWU ontvang DALRO-beurs


POTCHEFSTROOM - Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 'n beurs ter waarde van R25 000 van die Dramatiese, Artistieke en Letterkundige Regte-organisasie (DALRO) ontvang tydens 'n geleentheid wat deur die NWU se Institusionele Regsdienste gerel is.

Mnr Gerard Robinson, Hoofuitvoerende Direkteur van DALRO, het die tjek aan prof Annette Combrink, Rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, oorhandig ter bevordering van nagraadse studie in intellektuele eiendom aan die Universiteit.

Die Universiteit funksioneer in die inligtingsindustrie en daarom erken ons die instelling se verantwoordelikheid om intellektuele eiendom te beskerm en om goeie verhoudinge met organisasies soos DALRO te handhaaf, het prof Combrink ges.

DALRO stel hom ten doel om die reg van reprografiese reproduksie van boeke en tydskrifte wat in Suider-Afrika gepubliseer en beskikbaar is, ook op die internet, namens die outeurs en uitgewers daarvan te beheer, beskerm en administreer.  Reprografiese reproduksie is enige reproduksie op 'n grafiese oppervlak, soos fotostate, fakse, en uitdrukke van databasisse en die internet.







Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 'n beurs van DALRO ontvang. Van links: prof Chris van der Walt, Institusionele Registrateur van die NWU, mnr Frans Kruger, Institusionele Direkteur: Regsdienste, mnr Gerard Robinson, Hoofuitvoerende Direkteur: DALRO, prof Francois Venter, Dekaan: Regsfakulteit, Potchefstroomkampus, en mnr Herman Blignaut, prokureur van Spoor & Fischer.

