Vaaldriehoekkampus fokus op Onderwysreg






Vaaldriehoekkampus fokus op Onderwysreg


VANDERBIJLPARK.  Onderwysreg was die fokus van die onlangse besoek van die internasionaal gerekende akademikus, prof Charles Russo, aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Di gasdosent is van die Universiteit van Dayton in Ohio en het vroer 'n eredoktorsgraad van die NWU ontvang vir sy bydrae tot Onderwys as vakgroep.

Onderwysreg as akademiese vak gaan van krag tot krag op die Vaaldriehoekkampus en geniet internasionale steun tot op doktorsgraadvlak. Volgens dr Elda de Waal, 'n senior dosent verbonde aan die Skool vir Opvoedkunde, kan die belangrikheid van di vak nie genoeg beklemtoon word nie, en sy verduidelik dat veral die toepassing van regulerende beleid en prosedures op die speelveld van die Suid-Afrikaanse onderrigstelsel belangrik is.

Die doel van prof Russo se besoek aan die Vaaldriehoekkampus was hoofsaaklik om leiding te gee aan die PhD-studente van die Skool van Opvoedkunde.

As die Joseph Panzer Chair in Education by die Universiteit van Dayton se Skool vir Opvoedkunde en as  professor by die Skool vir Regte word prof Russo internasionaal gereken as 'n kenner op die gebied van Onderwysreg. Meer as 150 artikels is reeds deur prof Russo geskryf en hy is ook die outeur,mede-outeur of redakteur van meer as 20 boeke. As lid van die Kantoor van die Ombudsman: Burgerregte en Godsdiensvryheid, het prof Russo al verskeie reise na Sarajewo, Bosni en Herzegowina onderneem.



'n Gesellige kuier op die Vaalrivier. Van links is me Elize Kng, 'n PhD-student, dr Elda de Waal, 'n senior dosent verbonde aan die Skool vir Opvoedkunde, prof Charles Russo en sy vrou, Debbie, en me Erika Serfontein, nog 'n PhD-student.

