Minister van Onderwys open nuwe akademiese geboue






Minister van Onderwys open nuwe akademiese geboue

VANDERBIJLPARK  Die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, het onlangs as eregas opgetree tydens die amptelike ingebruikneming van verskeie nuwe akademiese geboue op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit.

Di geskiedkundige gebeurtenis is die spreekwoordelik kersie op die koek na afloop van 'n bouprojek van meer as R30 miljoen wat deur die Kampus onderneem is. Die uitbou van die kampus-infrastruktuur is genoodsaak deur die samesmeltingsproses wat in 2003 deur die Departement van Onderwys van stapel gestuur is. Hierdie samesmeltingsproses het die aantal horonderwysinstellings in Suid-Afrika vanaf 36 na 22 verminder, en volgens die Minister het hierdie proses nie net die gesig van die Suid-Afrikaanse akademiese speelveld verander nie, maar ook bygedra tot groter internasionale trefkrag.

Volgens die Minister het Suid-Afrikaanse universiteite nie net 'n groot rol om te vervul binne die landsgrense nie, maar ook op die Afrika-kontinent, terwyl die lande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADEC) ook by plaaslike kennis en innovasie kan baat.

Die Vaaldriehoekkampus het voor 'n groot uitdaging te staan gekom wat infrastruktuur betref, aangesien die samesmeltingsproses die inkorporering en verskuiwing van die eks-Vista-personeel en -studente vanaf die Sebokengkampus na die Vaaldriehoekkampus van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys behels het.

Omdat die geboue en infrastruktuur van die Sebokengkampus nie deel uitgemaak het van die samesmeltingsproses nie, het die Departement van Onderwys fondse bewillig vir die oprigting van nuwe geboue asook vir die verbetering van die bestaande infrastruktuur.

In haar toespraak het die Minister die NWU geloof vir die vordering wat reeds met die samesmeltingsproses gemaak is. Sy het ges die Noordwes-Universiteit het reeds die eerste tre gegee om die ideaal te verwesenlik om 'n ware getransformeerde instelling te wees.






Die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, onthul die amptelike gedenkplaat.






Die Visekanselier van die NWU, dr Theuns Eloff, die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, en die Rektor van die Vaaldriehoekkampus, prof Piet Prinsloo, tydens die amptelike ingebruikneming van die nuwe akademiese geboue op die Vaaldriehoekkampus.

