NWU-Sokkerinstituut geopen






NWU-Sokkerinstituut geopen

MAFIKENG - n Nuwe Sokkerinstituut is vandag op die Noordwes-Universiteit se Mafikengkampus deur dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU en Sir Dave Richards, Voorsitter van die Engelse Premier-Sokkerliga en trustee van die Suid-Afrikaanse Sokkerstigting, van stapel gestuur.

Die opening van die Sokkerinstituut is deur die gemeenskap en die provinsiale regering verwelkom. Die LUR vir Sosiale Ontwikkeling, me Nikiwe Manqo, het die NWU en die Engelse Premier-Sokkerliga geloof vir hulle bydrae tot ontwikkeling in die provinsie.

Die Instituut het sy deure in Februarie 2007 geopen met n aanvanklike inname van 40 studente. Die studente, wat uit agt van die nege provinsies in Suid-Afrika kom, moes aan die Universiteit se gewone toelatingsvereistes voldoen en n ho vlak van sokkervaardigheid demonstreer. Hulle gaan n omvattende sportontwikkelingsprogram volg en is ingeskryf vir n graad, diploma of ander toepaslike beroepskwalifikasie. Die program weerspiel die uiters suksesvolle programme wat die Universiteit reeds in ander sportsoorte aanbied.    

Aanvanklike befondsing vir die Instituut kom uit die Universiteit se eie bronne, van die Departement van Onderwys en die Engelse Premier-Sokkerliga, deur die Suid-Afrikaanse Sokkerstigting (SAFF). Die Premier-Sokkerliga het 300 000 (ongeveer R4,2 m) oor n tydperk van drie jaar geskenk om beurse vir die Instituut te finansier.  Die beurse dek alle studiegeld, akkommodasie, boeke en etes. 

Die Instituut het ondersteuning van n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse en internasionale rolspelers ontvang, waaronder FIFA, SAFA en aartsbiskop Desmond Tutu.

In sy kommentaar oor die opening, s dr Eloff: Die Instituut sal voortbou op die NWU se ervaring van hovlak-sportontwikkeling. Dit is ons doelwit om die Instituut as n katalisator te gebruik vir volhoubare opvoedings- en gemeenskapsontwikkeling en om n sentrum van uitnemendheid in Afrika tot stand te bring wat tot die verdere ontwikkeling van sokker in Suid-Afrika en ook wyer in Suidelike Afrika kan lei.

Ons is uiters dankbaar vir die ondersteuning van die SAFF en die Premier-Sokkerliga wat ons in staat gestel het om ons eerste groep studente in 2007 in te skryf.

Met die naderende 2010-Wreldbekertoernooi sal die o van die wreld op Suid-Afrika en sokker in Suid-Afrika gerig wees. Die NWU-Sokkerinstituut wil deel wees van die blywende erfenis van hierdie groot kompetisie. Dit het die potensiaal om die lewens van talle jong Suid-Afrikaners deur sokker te verander en om nuwe standaarde vir alle aspekte van die spel te stel. Die SAFF en die Priemier-Sokkerliga is verheug om stigtersvennote van hierdie opwindende inisiatief te wees, s Sir David Richards.

