NWU- Visekanselier gee erkenning aan HESS-navorsers






NWU- Visekanselier gee erkenning aan HESS-navorsers

POTCHEFSTROOM - Gedurende 'n onlangse ontbytbyeenkoms het dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) erkenning gegee aan die groep navorsers van die Potchefstroomkampus wat deel was van die transnasionale Ho-energie Stereoskopiese Stelsel-navorsingsgroep (HESS-navorsingsgroep), wat onlangs die gesogte Descartes-prys vir Wetenskap gewen het.

Die HESS-groep, wat bestaan uit sowat 100 navorsers van verskillende lande, is in die kategorie vir basiese wetenskappe vir die projek, n Nuwe blik op die hoogste-energie heelal, benoem.

Die plaaslike groep navorsers wat die ontbytbyeenkoms bygewoon het, is prof Okkie de Jager, leier van die groep, prof Christo Raubenheimer, dr Ingo Bsching, en mnre Mathew Holleran en Christo Venter. Prof Annette Combrink, Rektor van die Potchefstroomkampus en prof Kobus Pienaar, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, was ook by die ontbytsessie.

Ons is baie trots op hierdie navorsers, s dr Eloff.  Volgens hom bevind Suid-Afrika hom nou in n stadium in die geskiedenis waar suksesvolle instellings wat effektiwiteit en uitnemendheid nastreef, nodig is.

Een van die NWU se strategiese prioriteite is om binne die volgende vyf jaar 'n gebalanseerde onderrig-leer- en navorsingsuniversiteit te word.  Wat navorsing betref, bevind die NWU homself tans in die sesde plek tussen die universiteite in Suid-Afrika, wat werklik n prestasie is vir n universiteit sonder n mediese fakulteit, s dr Eloff.

Prof Kobus Pienaar het ook die groep navorsers geloof en het die belangrikheid om internasionale netwerke te skep, soos byvoorbeeld deur deelname aan transnasionale navorsingsgroepe soos HESS, beklemtoon.

Tydens die byeenkoms is 'n geraamde kopie van die sertifikaat wat die groep ontvang het, aan dr Eloff en prof Combrink oorhandig. Later daardie dag het die groep navorsers na Krakow in Pole vertrek vir 'n byeenkoms van die HESS-groep. Die volgende HESS-byeenkoms sal in Maart 2008 in Frankryk gehou word en Augustus 2008 in Suid-Afrika of Namibi.

HESS bestaan uit vier gammastraalteleskope in Namibi wat die afgelope paar jaar reeds revolusionre ontdekkings oor gammastrale vanuit die heelal gemaak.

Die Europese Kommissie het drie navorsingsprojekte aangewys, wat die prysgeld van n miljoen euro deel. Die Descartes-prys word in die Europese Unie as die Nobel-prys vir transnasionale wetenskapspanne bestempel.



Prof Annette Combrink, Rektor van die Potchefstroomkampus, prof Okkie de Jager, leier van die groep navorsers en dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU.

