Nuwe NWU-handelsmerk-identiteit 'n simbool van eenheid






Nuwe NWU-handelsmerk-identiteit 'n simbool van eenheid

Die Noordwes-Universiteit (NWU) stel binnekort sy aangepaste en finale handelsmerk-identiteit bekend, wat op 16 Maart 2007 deur die Raad goedgekeur is.

Die nuwe handelsmerk-identiteit behels institusionele korporatiewe kleure wat ondersteun word deur die kampusse se korporatiewe kleure, 'n slagspreuk, die handelsmerkkern, 'n handelsmerkmodel en 'n aangepaste logo.

Die ontwikkeling van die handelsmerk-identiteit was die tweede fase in die handelsmerkontwikkelingsproses wat voorafgegaan is deur 'n omvattende persepsie-oudit wat onder personeellede, studente en alumni gedoen is ten einde inligting in te samel met die oog op die ontwikkeling van die nuwe handelsmerk.

Die navorsingsresultate het getoon dat die voorkeuruitkomste waarna studente op soek is deur hul betrokkenheid by die Universiteit die volgende insluit: kursusverskeidenheid, 'n opwindende studentelewe, internasionaal-erkende kwalifikasies, kwaliteitopleiding en 'n kwalifikasie wat hul in staat sal stel om 'n goeie bestaan te maak, hetsy deur vir hulself te werk, of andersins.  Vir die personeellede van die NWU is die voorkeuruitkomste wat hulle deur hul werk by, en assosiasie met, die Universiteit wil h werknemersvoordele, gunstige werksomgewing, werkbevrediging en erkenning.
Die verlangde handelsmerkeienskappe en -elemente is saamgevat om 'n enkele idee te vorm, wat die sleutelgedagte agter die handelsmerk is en wat belyn is met die Institusionele Plan. Die handelsmerkkern vir die NWU is gedentifiseer en soos volg uitgedruk:
Bemagtigend, Innoverend, en Maak 'n verskil.
Die handelsmerkkern is die handelsmerkbelofte wat ons aan al ons rolspelers maak.  Rolspelers moet die Universiteit sien as bemagtigend, innoverend, en as 'n instelling wat 'n verskil maak.  Hierdie is die assosiasies wat ons wou ontlok toe ons begin het met die proses om 'n nuwe handelsmerk te ontwikkel, s me Phumzile Mmope, Uitvoerende Direkteur: Korporatiewe Sake en Verhoudinge.

Aangepaste logo bevorder 'n gevoel van tuiswees
Die navorsingsresultate het ook aan die lig gebring dat daar geen oorweldigende aanvaarding van die huidige institusionele logo was nie.  Na die finalisering van die handelsmerkstrategie is die institusionele logo aangepas om dit in pas te bring met die finale handelsmerkstrategie.  Gegrond op die idee van die huidige logo, is 'n derde skakel bygevoeg om die sentrale gedagte van 'n vernuwe, verenigde, lewenskragtige, innoverende, bemagtigende, en koherente instelling met drie kampusse te ondersteun.  Die aangepaste logo erken, en bou voort op, die gelykwaardigheid van die bestaande identiteite van die drie kampusse.  Verder gee dit erkenning aan die erfenis en diversiteit wat oor die afgelope drie jaar ontwikkel is en skep dit 'n gevoel van tuiswees op die drie kampusse, wat die eenheid in verskeidenheid-aspek van die multikampusuniversiteit weerspiel.

Die bekendstelling van die nuwe handelsmerk
Die volgende stap in die proses van handelsmerkontwikkeling is om die uitrolplan van die nuwe handelsmerk te finaliseer en dit aan die Raad se Uitvoerende Komitee voor te l.  N goedkeuring sal die implementering van die finale handelsmerk in alle erns voortgaan.
Me Mmope s die suksesvolle implementering van die nuwe handelsmerk hang af van die houding en optrede van elke lid van die NWU-gemeenskap.
Die Raad en die Bestuur het die basiese raamwerk daargestel deur uitgebreide oorlegpleging te verseker.  Binne hierdie raamwerk hang die sukses van die handelsmerk nou af van die mate waarin die rolspelers die nuwe handelsmerk aanvaar en die integriteit daarvan handhaaf.
As elkeen van ons persoonlike verantwoordelikheid aanvaar vir die handelsmerk deur seker te maak dat dit korrek en toepaslik gebruik word, het ek geen twyfel dat dit een van die kragtigste handelsmerke in die tersire onderwysomgewing sal word nie.
Klik hier (Link: http://www.nwu.ac.za/gov-man/Branding/Branding_strategy.Council.pdf) om die goedgekeurde handelsmerkstrategie en -identiteit te sien.

