NWU Vaaldriehoekkampus hou eerste VSR-renie








NWU Vaaldriehoekkampus hou eerste VSR-renie

VANDERBIJLPARK  Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs as gasheer opgetree vir die eerste studenteraadsrenie in 30 jaar op die kampus. Di uitsonderlike gebeurtenis het oudstudente van so ver as Frankryk, Kanada en Brittanje na hul alma mater laat terugkeer.

Die Kampus se eerste studenteraad het in 1978 die lig gesien, met 'n studentekorps van slegs 24 dagstudente. In hierdie tyd het die sogenaamde rivierkampus ook  die Vaaldriehoekkampus geword. Vandag spog die kampus met 'n studentetal van meer as 3 000.

Die renie het dit verder ten doel gehad om die Bond van Oud-VaalPukke op die Kampus te vestig, en die alumni-netwerk bestaan reeds uit meer as 2 000 name.

Tydens die renie het die oud-studenteleiers die geleentheid gekry om hulself eerstehands te vergewis van die uitbreiding van die Kampus asook die uitbouing van die nuwe Noordwes-Universiteit.

Die dag se program het onder meer 'n kampustoer, 'n vlotvaart, uitstallings, asook 'n gesellige saamkuier op die oewer van die Vaalrivier ingesluit. Die tema van die geleentheid was, Waar l jou wortels? en almal teenwoordig was dit eens dat die gees van student-wees nooit geblus kan word nie.



Die eerste en die laaste. Die Vaaldriehoekkampus se eerste studenteraadsvoorsitter, mnr Koos Pretorius (1979) deel 'n oomblik met die huidige voorsitter, mnr Wilberforce Runeli.





Terug in die lesinglokale. Oudstudente van die laaste 30 jaar is onlangs  byeengebring vir die Vaaldriehoekkampus se eerste SR-renie.



Studenteleiers van meer as 30 jaar het hul alma mater besoek tydens die onlangse renie.

