Universiteit eerste om sy topbestuur aan te stel






Verklaring uitgereik deur Maryke Steenkamp (Link: mailto:bkkms@puk.ac.za)

Die Noordwes-Universiteit was vandag die eerste van die saamgesmelte universiteite om sy senior bestuur aan te stel by die Raadsvergadering in Potchefstroom. Die aanstellings volg op die aanstelling van dr. Theuns Eloff as visekanselier vroer vanjaar.

'n Komitee, bestaande uit dr. Lydia Sebego  (voorsitter van die komitee en ook ondervoorsitter van die Raad) dr. Leon Wessels (Raadslid) adv. Zoleka Sicwebu (Raadslid) en dr. Theuns Eloff (Visekanselier), het 'n mandaat van die Raad ontvang om die proses te dryf en om 'n voorstel aan die Raad te maak.

Die Raadskomitee het 'n aantal faktore in ag geneem om die finale aanbeveling te kon maak. Dit sluit die volgende in:

Die kriteria wat gebruik is om die mees geskikte kandidaat vir elke posisie te bepaal het bevoegdheid, ervaring, ekwiteit en transformasie en kontinuteit in ag geneem. Die Senaat, sy kampuskomitees en die Institusionele Forum is geraadpleeg ten einde hul insette en terugvoer te bekom oor die geskiktheid van kandidate soos voorgestel deur die Raadskomitee.

Die Raad het met 'n meerderheid van lede teenwoordig die volgende kandidate met ingang 1 September 2004 aangestel:

Wat die kampusrektor vir Mafikeng betref, het die Raad besluit om nie die pos op hierdie stadium te vul nie, maar om dit ekstern te adverteer.

Die visekanselier, Theuns Eloff, het opgemerk dat hierdie keuse van topbestuur 'n sterk begin vir volhoubare transformasie by die Noordwes-Universiteit inlei. "Van die sewe aanstellings is drie van die aangewese groepe en die Raad het ook die beginsel van opvolgbeplanning vir die toekoms aanvaar. Aan die ander kant is dit ook 'n hoogs bevoegde, gekwalifiseerde en toegewyde span met uitgebreide ervaring in hor onderwys sowel as die samesmeltingsproses tot dusver. Met hierdie besluit van die Raad is die momentum van die samesmeltingsproses (die mees gevorderd in die land) net meer versterk," het Eloff ges.

Mnr. Litha Nyhonyha, voorsitter van die Raad, het ook sy tevredenheid met die regverdigheid en deursigtigheid van die proses uitgespreek en het ges dat die Universiteit daarin geslaag het om sy senior bestuur suksesvol aan te stel ten einde stabiliteit te fasiliteer, personeel en studente se onsekerhede te elimineer en personeelmoraal te verbeter.

