NWU se Mafikengkampus sorg vir ng 'n innoverende eerste vir die Universiteit






NWU se Mafikengkampus sorg vir ng 'n innoverende eerste vir die Universiteit

MAFIKENG - Sir Dave Richards, Voorsitter van die Engelse Premier-Sokkerliga, sal die eregas wees tydens die amptelike opening van die Sokkerinstituut op die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit op 11 April 2007.

Tydens die bekendstelling sal 'n bronsplaat deur Sir Richards en dr Theuns Eloff, die Visekanselier van die NWU, onthul word, waarna die Instituut se span 'n wedstryd teen die onder 19-span van Mamelodi Sundowns sal speel.

Die Instituut, met die Engelse Premier-Sokkerliga as een van sy vernaamste borge, het tans 40 ingeskrewe studente. Die Instituut bied alle bestaande akademiese diploma- en graadprogramme aan, asook 'n diploma in Sportwetenskap met die fokus op sokker. Voorsiening word gemaak vir opleidingskursusse en oefenkampe vir sokkerafrigters op skool-, klub-, provinsiale en nasionale vlak.
Die NWU beoog om, deur die Sokkerinstituut, sokker as 'n katalisator te gebruik vir opvoedkundige en gemeenskapsontwikkeling en s 'n bydrae te lewer tot die  2010-Wreldbeker.
Die bestuurder van die Sokkerinstituut is mnr Mark Olckers en die afrigter is mnr Jan Malombo Lechaba, wat in die tagtiger- en vroe negentigerjare vir Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns gespeel het.
Die bekendstelling sal by die Chris Hani-sentrum plaasvind en sal 'n verwelkomingstoespraak deur die Kampusrektor, prof Dan Kgwadi, insluit.



Van links is mnr Jan Malombo Lechaba, afrigter van die Sokkerinstituut, dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, dr Dan Kgwadi, Rektor van die Mafikengkampus, mnr Mark Olckers, bestuurder van die Sokkerinstituut, en mnr Lester Mpolokeng, bestuurder in die kantoor van die Kampusrektor.


