Mafikengkampus vier biblioteekweek






Mafikengkampus vier biblioteekweek


MAFIKENG - Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs biblioteekweek gevier. Die biblioteek het studente en personeellede gewys hoe om toegang te kry tot die nuwe gentegreerde databasis-soekinstrument, TDNet, wat 'n gesofistikeerde soekinstrument is wat eindgebruikers in staat stel om uitgebreide soektogte te onderneem. Dit is handig om toepaslike inligting tussen veelvuldige bronne soos tydskrifte en databasisse met 'n enkele navraag, in enige taal en deur 'n enkele koppelvlak op te spoor. Hierdie instrument vergemaklik akademiese bedrywighede, onder meer wat navorsing en besluitneming betref.

Gedurende die week het die biblioteek ook vrywaring toegestaan aan biblioteekoortreders. Lede met biblioteekboeke in hul besit waarvan die uitleentydperk reeds verstryk het, is aangemoedig om dit terug te bring sonder dat hulle 'n boete opgel is. Die biblioteekvrywaring het op 23 Maart 2007 om 16:30 geindig.


