Turkse akademici besoek NWU






Turkse akademici besoek NWU


MAFIKENG - Twee vooraanstaande Turkse wiskundiges het onlangs die Internasionale Instituut vir Simmetrie-analise en Wiskundige Modellering (IISAMM) op die Mafikengkampus van die NWU besoek.

Een van hierdie besoekers was prof Gazanfer Unal, 'n professor in die Departement van Bankwese en Finasies en die Departement Wiskunde aan die Yeditepe-Universiteit in Istanbul, Turkye en redakteur van die tydskrif, Communications in Nonlinear Science and Numerical Simulation, wat deur Elsevier uitgegee word.

Prof Unal het 'n werkswinkel vir nagraadse studente en personeellede aangebied. Die titel van die werkswinkel was: Stogastiese gewone differensiaalvergelykings: eksakte linearisering.

'n Artikel saam met prof Masood Khalique, Direkteur van IISAMM, getiteld Linearisering van eendimensionele nie-outonome sprongdiffusie stogastiese differensiaalvergelykings is voltooi en aan die Journal of Nonlinear Mathematical Physics voorgel.

Prof Mehmet Pakdemirli van die Departement Meganiese Ingenieurswese aan die  Celal Bayar-Universiteit, Turkye, het ook besoek afgel by IISAMM.


Hy het twee seminare getiteld Vergelyking van benaderde simmetriemetodes en
Die verbintenis tussen algoritmes vir die bepaling van wortels en perturbasieteorie vir nagraadse studente en personeellede aangebied. Hy het ook navorsing saam met prof Khalique onderneem, wat gelei het tot 'n artikel getiteld Symmetries of boundary-layer equations of the modified second-grade fluid, wat aan Acta Mechanica voorgel is vir publikasie.

Professore Unal en Pakdemirli se besoeke was baie voordelig vir die ontwikkeling van IISAMM en ook vir die verryking van navorsingsprogramme van personeellede en nagraadse studente in die Departement Wiskunde, s prof Khalique.

Die doelwit van IISAMM is om beter begrip vir simmetrie-analise en wiskundige modellering te ontwikkel en te bevorder deur die Universiteit se navorsing in pas te bring met industrile behoeftes en belange, en om studente op te lei om hierdie terrein te betree.




Prof Mehmet Pakdemirli van Turkye (agter, vierde van links) saam met personeellede en studente van die Internasionale Instituut vir Simmetrie-analise en Wiskundige Modellering (IISAMM) op die Mafikengkampus van die NWU.




Van links is me Pauline Ntsime, 'n personeellid van IISAMM, prof Gazanfer Unal van Turkye en prof Masood Khalique, Direkteur van IISAMM.


