Onderwysprogram een van bestes ter wreld






Onderwysprogram een van bestes ter wreld

POTCHEFSTROOM - Buitelandse evalueerders het die programme in die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus as selfs beter as soortgelyke kursusse van baie universiteite in die wreld aangeslaan.

Proff. Frank Banks en Peter Knight van The Open University in die Verenigde Koninkryk, een van die grootste afstandonderrig-instansies in die wreld, het ges daar is nie 'n gelyke vir die program in Suid-Afrika nie.

Die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding (SVOO) bedien tans sowat 18 000 onderwysers in die land en Namibi. Die doel van die program is om ongekwalifiseerde of ondergekwalifiseerde onderwysers minstens tot op 'n driejaar-opleidingsvlak n matriek te neem.

Die direkteur van die SVOO, prof Manie Spamer, s hulle volg 'n oop-leer-model van onderrig. Daar is wel 'n minimum en maksimum tydperk van leer, maar onderwysers kan inskryf wanneer hulle wil.

Die reusetaak word deur 36 studiesentrums regoor die land, 26 voltydse dosente en 195 administratiewe personeel vermag. Die SVOO het twee medewerkers in die Open Learning Group Johannesburg en die Institute for Open Learning in Namibi. Di instansies verskaf die ondersteunende administratiewe werk vir die program.

Ons het egter nie geweet of die program aan internasionale standaarde voldoen nie, en het die twee professore van die VK genooi om die evaluering te doen, s prof Spamer.

Die professore het in hulle opsomming van die evaluering ges die SVOO was baie dapper om hulle as senior lede van een van die beste afstandonderrig-instansies in die wreld te nooi om die program te evalueer. Die dapper besluit het egter vrugte afgewerp, want ons is bendruk. Ons algehele bevinding is dat die NWU se programme Suid-Afrikaanse voorskrifte oortref en selfs beter is as soortgelyke kursusse van baie universiteite in die wreld, is die paneel se mening.

Volgens prof Spamer het die SVOO verlede jaar 'n kontrak met die Noordwes Onderwysdepartement gesluit om 30 000 onderwysers op te lei. Ons het ook al 'n soortgelyke kontrak met die Departement in Mpumalanga gesluit.



FOTO: Van links is proff Manie Spamer, Direkteur van die SVOO, Annette Combrink, Rektor van die Potchefstroomkampus van die NWU, Maritte Lowes, Viserektor van die Potchefstroomkampus, Peter Knight, Direkteur van die Instituut vir Opvoedkundige Tegnologie by The Open University in die VK,  en Frank Banks, Direkteur van die Sentrum vir Navorsing en Ontwikkeling in  Onderwysersopleiding, ook van The Open University.


