Krieket-akademie behaal internasionale sukses






Krieket-akademie behaal internasionale sukses

VANDERBIJLPARK  Die VaalPukke Krieket-akademie op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit spog tans met drie spelers wat internasionaal deelneem.

Na verskeie suksesvolle kriekettoere na Engeland gedurende die 2005/2006-seisoen het die spelers wat by die Akademie betrokke is nie net waardevolle ondervinding opgedoen nie, maar ook internasionale sportverhoudinge gevestig waarby die spelers nou direk baat.  Drie van die Akademie se talentvolle spelers, Wikus Botha, Francois Haasbroek en Leon Bender, is opgeneem in Engelse klubkrieketspanne en baan s die weg vir nog spelers van die NWU om die internasionale sportarena te betree.

Wikus Botha is genader om in Skotland te speel en na 'n baie suksesvolle eerste seisoen sal hy ook vir 'n tweede seisoen by die klub aansluit.

Nog 'n spanmaat van die Akademie, Francois Haasbroek, neem vanjaar in die premier-krieketliga deel vir 'n klub in Liverpool  dit volg na 'n baie suksesvolle eerste seisoen in Skotland. Die derde speler, Leon Bender, vertrek op 8 April na Swindon vir sy eerste seisoen in die buiteland.

Volgens mnr. Malan Morkel, sportbeampte van die Vaaldriehoekkampus en hoof-afrigter by die Akademie getuig die plasing van hierdie spelers dat die Akademie nie net 'n baie ho standaard handhaaf nie, maar ook 'n krag is waarmee rekening gehou moet word  plaaslik sowel as internasionaal.



Van links is Wikus Botha, Francois Haasbroek en Leon Bender.


