NWU-navorsers deel Descartes Wetenskapsprys en prysgeld van 1 miljoen






NWU-navorsers deel Descartes Wetenskapsprys en prysgeld van 1 miljoen

POTCHEFSTROOM - Die goeie nuus is uiteindelik bekendgemaak: die transnasionale Ho-energie Stereoskopiese Stelsel-navorsingsgroep (HESS-navorsingsgroep), wat navorsers van die Potchefstroomkampus van die NWU insluit, het die gesogte Descartes-prys vir Wetenskap gewen.

Die Europese Kommissie het drie navorsingsprojekte aangewys, wat die prysgeld van n miljoen euro deel. Die Descartes-prys word in die Europese Unie (EU) as die Nobel-prys vir transnasionale wetenskapspanne bestempel.

Die HESS-groep, wat bestaan uit sowat 100 navorsers van verskillende lande, is in die kategorie vir basiese wetenskappe vir die projek, n Nuwe blik op die hoogste-energie heelal, benoem. HESS bestaan uit vier gammastraalteleskope in Namibi wat die afgelope paar jaar reeds revolusionre ontdekkings oor gammastrale vanuit die heelal gemaak.

Vanjaar se wenners is uit 13 nominasies wat almal baanbrekerswerk gedoen het, gekies. Die dertien is weer uit 66 inskrywings aangewys. Die prys is deur n paneel aangewys wat deur die voormalige Franse minister vir Europese Unie-sake, asook n ruimtevaarder, me. Claudie Haigner, gelei is.

Die projekleier van die Suid-Afrikaanse HESS-groep, prof Okkie de Jager, s dit is n besondere groot eer om die prys te wen. Die prys bewys dat dit moontlik is vir Suid-Afrikaanse wetenskapspanne om op topvlak met die res van die wreld te kompeteer.

Die meeste van die patente wat deel vorm van die inskrywing vir die Descastes-prys kom uit die geledere van die Potchefstroomkampus en drie van die vier patente wat uit die HESS-navorsing gevloei het, behoort aan die NWU.



Die HESS-navorsingsgroep van die Potchefstroomkampus is van links mnre. Mathew Holleran, Christo Venter, dr. Ingo Bsching, en proff. Christo Raubenheimer en Okkie de Jager. Inlas:  mnr. Isak Davids.

