NWU se Mafikengkampus goed op dreef






NWU se Mafikengkampus goed op dreef


MAFIKENG - Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs 'n loopbaanuitstalling en 'n internasionale konferensie: Bevolking en Ontwikkeling in Afrika: Navorsing en Beleidsdialoog vir Afrika aangebied.

Graad 12-leerders van 41 horskole rondom Mafikeng, Lichtenburg en Setla-Kgobi het die jaarlikse loopbaanuitstalling, wat onder die vaandel van die Loopbaanuitstallings- en Inligtingsvereniging (CEIA) by die SABC se Uitstalsentrum gehou is, bygewoon. Meer as 20 instellings, onder andere universiteite en regeringsdepartemente, het aan die geleentheid deelgeneem.

Die Internasionale Konferensie oor Bevolking en Ontwikkeling in Afrika: Navorsing en Beleidsdialoog vir Afrika het by die Tusk Mmabatho plaasgevind. Afgevaardigdes van so ver as Noord-Afrika en Suid-Amerika het hierdie konferensie bygewoon.

Gedurende Maart gaan die Studieprogram vir Dieregesondheid as gasheer optree vir twee seminare deur prof William J. Silvia van die Universiteit van Kentucky in Lexington, VSA.  Prof Silvia het uitgebreide publikasie- en ander ondervinding op die terrein van

