Taledosent internasionaal opgelei






Taledosent internasionaal opgelei

VANDERBIJLPARK - Me. Fanny Lacroix, dosent in Frans en Duits by die Skool vir Tale op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit, het onlangs in Stuttgart, Duitsland, opleiding ontvang in die gebruik van vertaalgeheue-sagteware.
 
Di kampus is die amptelike herverkoper van SDL Trados in Suid-Afrika. Die sagteware help gebruikers om tekste konsekwent en vinnig te vertaal. Volgens me. Lacroix, lid van die SDL-verkoopspan by die Skool vir Tale, is die produk vinnig besig om die internasionale standaard vir die vertaalbedryf te word.

Ms Lacroix het die afgelope twee maande vergaderings oor die produk se nuutste ontwikkelinge bygewoon, asook onderrigsessies vir die effektiewe opleiding van voornemende gebruikers.

Die Skool vir Tale is sedert 2005 die enigste herverkoper van SDL Trados in Suid-Afrika. Die produk en opleiding is reeds aan verskeie universiteite, instellings en vryskutvertalers gelewer.

Vir meer inligting, kontak vir Willem Botha by (016) 910 3468, of stuur 'n e-pos na trados@nwu.ac.za (Link: mailto:trados@nwu.ac.za)






Me. Fanny Lacroix, dosent in Frans en Duits by die Skool vir Tale op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit, het onlangs in Stuttgart, Duitsland, opleiding ontvang in die gebruik van vertaalgeheue-sagteware.

