Vaaldriehoek-navorsers deel van transdissiplinre projek






Vaaldriehoek-navorsers deel van transdissiplinre projek

VANDERBIJLPARK.  Navorsers van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit neem eersdaags deel aan 'n transdissiplinre navorsingsprojek wat sal fokus op die gehalte van die water van die Vaalrivier  een van Suid-Afrika se grootste natuurlike bates.

Die Vaalrivier en die omliggende Barrage-gebied was verlede jaar in die nuus toe massavisvrektes voorgekom het. Dit was na bewering 'n gevolg van rioolbesoedeling en oorstromings in die sytakke van die rivier.

Die gebeure is voorafgegaan deur 'n ondersoek wat deur die Departement van Waterwese en Bosbou in samewerking met plaaslike regeringsamptenare in die Sedibeng-distriksraad gedoen is. In Desember 2005 het dit aan die lig gekom dat slegs enkele van die meer as 50 rioolpompstasies in die Vaaldriehoek behoorlik werk. Gevaarlike hoeveelhede rou riool het as gevolg hiervan direk in die rivier beland.

Oorhoofs is aanbeveel dat 'n volledige nuwe rioolsisteem van meer as R400 miljoen aangel word. Hierdie beplande projek sal nie slegs die gehalte van water in die Vaalriviergebied verbeter nie, maar ook die waarde van die riviergebied vir toerisme- en ontspanningsdoeleindes verbeter.

Ingenieurs van die Departement Waterwese en Bosbou, en Randwater, wat die projek bestuur, het waternavorsers van die Vaaldriehoekkampus genader  om betrokke te raak by 'n sosio-ekonomiese ondersoek oor die Vaalrivier-Barrage-gebied.

Benewens 'n aanvangsverslag wat later vanjaar die lig sal sien, is die verwagting dat die navorsers oor 'n tydperk van sowat vier jaar by moniteringsaksies en verdere navorsing oor die Vaalrivier-Barrage betrokke sal wees. Die transdissiplinre navorsingsprojek sal na verwagting in Maart 2007 begin.

Kundiges van Randwater, die Departement Waterwese en Bosbou, natuurbewaring, munisipale amptenare, nywerheidsnavorsers asook lede van 'n aantal nieregeringsorganisasies sal aan die projek deelneem. Lede van die publiek gaan ook regstreeks by die navorsing betrek word.


Massavisvrektes as gevolg van beweerde besoedeling het aanleiding gegee tot intensiewe navorsing oor die gehalte van die Vaalrivier se water.


Die Vaalrivier  is nie net een van Suid-Afrika se grootste natuurlike bates nie, maar ook die lewensaar van die toerismebedryf in die Vaaldriehoek.

