Mafikengdosent trotseer Antarktika






Mafikengdosent trotseer Antarktika


MAFIKENG - Mnr David Hedding, 'n geomorfoloog in die Departement Geografie en Omgewingswetenskappe op die Mafikengkampus het onlangs teruggekeer vanaf Antarktika, waar hy verwering en periglasiale landvorme en -prosesse ondersoek het.

Mnr Hedding was deel van 'n groep wat deur prof Ian Meiklejohn van die Universiteit van Pretoria gelei is. Die hooffokus van die besoek was om die eienskappe van periglasiale landvorme in ysvrye gebiede te dokumenteer, ten einde 'n inventaris van periglasiale verskynsels wat in die ysvrye gebiede of 'nunutaks' naby die Suid-Afrikaanse basis in Westelike Dronning Maud-gebied in Antarktika gevind word, op te stel. Periglasiale verskynsels kan beskryf word as dit wat voorkom op die rand van geyste gebiede of naby gletsers.

Die span het ook 'n grondtemperatuur-moniteringsplek gevestig, waar hulle grondtemperature tot op 'n diepte van twee meter sal waarneem. Hulle kon ook daarin slaag om rotsmonsters te versamel vir ontleding aan die hand van fisiese kenmerke en, belangriker, met die oog op n ondersoek na chemiese verweringsprosesse wat weens die lae temperature as uiters beperk in Antarktika beskou word.

Mnr Hedding het ook 'n langtermyn rotsmassaverlies-eksperiment opgestel wat sal help met die bepaling van die tempo waarteen rots afgebreek word en die gevolglike vorming van fyner materiaal, wat die ontwikkeling van grond voorafgaan.

Mnr Hedding het op 7 Desember 2006 op die SA Agulhas na Antarktika vertrek, en op 15 February 2007 teruggekeer.

Twee kollegas van die NWU-Potchefstroomkampus, dr Helena Krger van die Eenheid vir Ruimtefisika en mnr Leon du Plessis van die Skool vir Natuurwetenskap, Wiskunde en Tegnologie-onderwys, was saam met mnr Hedding op Antarktika.

Van die uitdagings wat die besoekers in die gesig gestaar het, was om die koue en die vier week lange bootreis te trotseer. Volgens mnr Hedding het die waterbeperking by die basis, as gevolg van n gebreekte waterpyp, sake nog interessanter gemaak.  Die span kon darem ook tyd vir ontspanning inruim, en hy het veral sneeuplankry baie geniet.

Hy s hy sal graag die einde van die jaar wou terugkeer vir nog n somerseisoen.

Foto vir landingsbladsy:

Mnr David Hedding, 'n geomorfoloog in die Departement Geografie en Omgewingswetenskappe op die Mafikengkampus, tydens sy besoek aan Antarktika.



Mnr David Hedding, 'n geomorfoloog in die Departement Geografie en Omgewingswetenskappe op die Mafikengkampus het onlangs teruggekeer vanaf Antarktika, waar hy verwering en periglasiale landvorme en -prosesse ondersoek het.



Mnr David Hedding bewonder die asemrowende landskap van Antarktika.

