Bestuur van NWU se intellektuele eiendom kry hupstoot






Bestuur van NWU se intellektuele eiendom kry hupstoot

Die regsfirma, DM Kisch, het onlangs n aansienlike bedrag aan die Noordwes-Universiteit geskenk vir die skep, effektiewe bestuur en kommersialisering van sy intellektuele eiendom, insluitend handelsmerke, innovasies en patente.

Die Direkteur van DM Kisch, mnr Derek Momberg, het tydens n seremonie by hul hoofkantoor in Sandton die tjek aan dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, oorhandig.

Die geld sal gebruik word deur die personeel van die NWU se Institusionele Regskantoor om nasionale en internasionale konferensies oor intellektuele eiendom by te woon, of om hul eweknie oorsee te besoek ten einde wedersydse kennisuitruiling met betrekking tot intellektuele eiendom te bewerkstellig.

Volgens dr Eloff is dit een van die NWU se strategiese prioriteite om navorsing en inovasie te optimaliseer en daardeur 'n gebalanseerde onderrig-navorsingsinstelling te word.

Dr Eloff s die NWU, as n nuwegenerasie-universiteit, het innovasie n nisgebied gemaak en kan reeds beskryf word as n boetiek-navorsingsuniversiteit wat op spesifieke gebiede fokus. Hierdeur kan die NWU die beste in die land en die wreld op sekere nis-navorsingsgebiede word.

Die NWU het tans 41 aktiewe patente  wat in onder meer Brasili, Rusland, Indi, Sjina, Hong Kong en Australi ingedien is.   In die VSA, waar dit baie moeilik is om n patent te registreer, spog die NWU in hierdie stadium met ses patente.

In 2006 het die NWU tantieme ter waarde van R1,4 miljoen vir sy patente verdien.



Vanaf links is die Direkteur van DM Kisch, mnr Derek Momberg, dr Ngoato Takalo, Adjunkhoof van die NWU en dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU.

