Noordwes-Universiteit se konferensiesentrum kry diamantstatus






Noordwes-Universiteit se konferensiesentrum kry diamantstatus

VANDERBIJLPARK  Die Noordwes-Universiteit-Konferensiesentrum is onlangs tydens die jaarlikse Professional Management Review (PMR) Leaders and Achievers-toekenningsgeleentheid aangewys as een van die top konferensiesentrums in die Sedibeng-distrikraad.

Die Konferensiesentrum, wat 'n jaar gelede deur die NWU oorgeneem is, het n Diamond Arrow-toekenning ontvang. Die toekennings word gemaak op grond van n besigheidsoudit wat deur plaaslike sakelui en rolspelers in verskeie  plaaslike en provinsiale regeringstrukture gedoen word.

Die Noordwes-Universiteit-Konferensiesentrum, voorheen bekend as die Emfuleni-Konferensiesentrum, is in 2006 n n suksesvolle tenderproses gekoop. Die terrein en geboue, die permanente personeel, asook alle voorraad, bates en destydse kontrakte is amptelik op 3 Januarie 2006 oorgeneem.

Volgens mnr. Bertie Visser, Hoofdirekteur Finansies en Fasiliteite, is dit verblydend dat die konferensiesentrum nie net n suksesvolle onderneming is nie, maar ook  n groot bate vir die gemeenskap in die bre is.

Fasiliteite by die konferensiesentrum sluit onder meer die volgende in: drie groot banketsale, twee algemene sale, tien konferensielokale, n bestuurskonferensielokaal, n restaurant, sportkafee, tuin-onthaalarea, akkommodasie vir 46 konferensiegangers, n ontbytlokaal en vier muurbalbane.

Drie van die afdelings van die Vaaldriehoekkampus, naamlik die Potchefstroom- Besigheidskool, die Vaardigheidsontwikkelingseenheid en die Nagraadse Ingenieurswese-Program, het intussen na die konferensiesentrum verskuif.

Belangstellendes wat van hierdie fasiliteite gebruik wil maak, kan vir Mariska Kritzinger by (016) 933 4771 skakel.




Die span aan die stuur van sake by die Noordwes-Universiteit-Konferensiesentrum is van links: Annalie Huxham, Finansile Bestuurder, Mariska Kritzinger, Bemarkingsbestuurder, Bertie Visser, Hoofdirekteur Finansies en Fasiliteite, Pieter Streicher, Bedryfsbestuurder en Jeanette Koekemoer, Algemene Bestuurder.



Sommige van die geriewe by die Noordwes-Universiteit-Konferensiesentrum.

