Gesogte Descartes-prys wink vir NWU-navorsers






Gesogte Descartes-prys wink vir NWU-navorsers

POTCHEFSTROOM - n Groep navorsers van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit wat Suid-Afrika in die Ho-energie Stereoskopiese Sisteem-groep (HESS) verteenwoordig, is die enigste Suid-Afrikaners wat moontlik die Europese Unie se gesogte Descartes-prys vir navorsing vir 2006 kan wen.

Die groep, wat bestaan uit navorsers van Duitsland, Frankryk, die Tsjeggiese Republiek, die Verenigde Koningryk, Pole, Ierland, Armeni en Suid Afrika, is in die kategorie vir basiese wetenskappe vir hulle HESS-projek, n Nuwe blik op die hoogste-energieheelal, benoem.

HESS bestaan uit vier gammastraalteleskope in Namibi wat die afgelope paar jaar reeds revolusionre ontdekkings oor gammastrale vanuit die heelal gemaak het.

Volgens prof Okkie de Jager van die NWU voel hy en sy mede-spanlede baie geerd om deel te wees van so n uitmuntende groep. Dit het egter ongelooflike harde werk vereis om te verseker dat die standaard van HESS behoue bly, s prof de Jager.

Hy verduidelik dat hulle n nuwe orde in die multigolflengte-landskap van die heelal blootgel het, omdat hulle effektief in die skoene van mense soos Galileo Galilei kon staan. "Dit beteken dus dat ons n nuwe venster op die heelal geopen het.

Die Potchefstroom-span neem ook deel aan waarnemings in Namibi, asook die ontleding en vertolking van data en die uiteindelike publisering van verskeie nuwe ontdekkings.

Die Descartes-prys word in die Europese Unie (EU) as die Nobel-prys vir transnasionale wetenskapspanne  bestempel.

Die wenners van die vyf kategorie word op 7 Maart in Brussels bekend gemaak en sal n prysgeld van een miljoen Euro deel.



Die span wetenskaplikes van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit wat deel is van die internasionale span wat vir die Descartes-prys benoem is. Vanaf links is mnre. Mathew Holleran, Christo Venter, dr. Ingo Bsching, proff. Christo Raubenheimer en Okkie de Jager. Inlas:  mnr. Isak Davids.

