Akademiese jaar skop af op NWU-kampusse






Akademiese jaar skop af op NWU-kampusse

Tydens die onlangse amptelike openings van die Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit is langdienstoekennings aan 81 werknemers vir altesaam 1 460 jaar diens oorhandig.

Tydens die openingseremonies het dr. Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, vyf  strategiese prioriteite vir 2007 uitgelig.

Volgens dr. Eloff beywer die NWU hom om die deurvloeisyfer te verbeter en om die programme op die verskillende kampusse te belyn.  Nog 'n prioriteit is navorsing en innovasie, met die fokus op die uitbou van navorsingskapasiteit en die doeltreffende bestuur van hulpbronne.

Die derde prioriteitsfokus is om te verseker dat die bestuursfilosofie en -praktyke van persoonlike verantwoordbaarheid,  'n regdoen-ingesteldheid en aksieplanne op alle vlakke binne die unitre multikampuskonteks van die NWU bevorder en gemplementeer word.  Verder is dit ook 'n prioriteit om die optimale benutting van stelsels en prosesse te verseker, ten einde oneffektiewe burokrasie te vermy.

Die NWU fokus voorts op kwaliteitsversekering en voorbereiding vir die Institusionele Oudit in 2008, wat dr. Eloff bestempel as die heel belangrikste proses in die bestaan van die NWU, uitgesonderd die samesmelting.

Ander prioriteite wat dr. Eloff genoem het, is die proses van die vestiging van die NWU-handelsmerk, en die Sokkerinstituut wat onlangs op die Mafikengkampus tot stand gebring is.

Die amptelike opening op die Mafikengkampus is vir 12 Februarie geskeduleer, maar is weens onvoorsiene omstandighede uitgestel.



