Senior bestuur spoedig aangestel






Verklaring uitgereik deur Maryke Steenkamp (Link: mailto:bkkms@puk.ac.za), 26 Julie 2004

Die volgende vlak van senior bestuur van die Noordwes-Universiteit sal binnekort aangestel word. Na aanleiding van die raadsbesluit van 18 Junie 2004 om die volgende vlak van senior bestuur aan te stel, is huidige NU-personeel genooi om aansoek te doen vir senior bestuursposte. Die aansoeke het op 20 Julie 2004 gesluit en 15 nominasies/aansoeke is ontvang vir die poste van adjunkhoof; die drie kampusrektore; institusionele registrateur; institusionele direkteur: finansies en fasiliteite; institusionele direkteur: mensehulpbronne en studentesake en institusionele bestuurder: korporatiewe kommunikasie.

Aaansoeke is ontvang van (in alfabetiese volgorde) :

Prof AL Combrink, Me GC Legodi-Bogatsu, Prof MW Legotlo, Me S Letsoalo, Prof SN Mashego, Mnr S Myburgh, Dr T Ngwenya, Prof PJJ Prinsloo, Prof IJ Rost, Dr MN Takalo, Dr TM Thiba, Prof CFC van der Walt, Prof F van Niekerk, Prof MS Zibi.

Die Raadskomitee sal vervolgens vasstel watter van hierdie aansoekers aan die minimum posvereistes (soos geadverteer) voldoen. Die suksesvolle aansoekers sal dan genooi word om bevoegdheids- en aanlegtoetse af te l. Op grond daarvan sal die Raadskomitee dan besluit watter kandidate vir onderhoude genooi sal word. Formele onderhoude sal gevoer word waarna die advies van die Senaat en Institusionele Forum ingewin sal word, waar toepaslik. Die aspekte wat in gedagte gehou sal word, sluit in: bevoegdheid, ervaring, billikheid, transformasie en kontinuteit. Die aanstellingsprosedure sal 'n absorberingstrategie volg, d.w.s. passing van die mees geskikte kandidate by die vakante poste.

