Blinde student sit NWU op wreldkaart






Blinde student sit NWU op wreldkaart

VAALDRIEHOEK  Mnr. Hendrik Steyn, 'n blinde student van die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus, het onlangs teruggekeer van Tbingen, Duitsland, waar hy die NWU as deel van die Tbingen/Suid-Afrika-2007-kultuurprogram verteenwoordig het.

Hy was deel van 'n groep van 22 studente wat die Universiteit van Tbingen vanaf 2 tot 28 Januarie 2007 besoek het.

Die doel van die program is om die Suid-Afrikaanse studente aan die Duitse kultuur, geskiedenis en taal bloot te stel. Die program het lesings oor die Duitse kultuur, ekonomie en politiek ingesluit, asook Duitse taallesse en besoeke aan besienswaardighede in Tbingen en omliggende stede.

Volgens mnr. Steyn was sy reis n ware leerervaring.  Hy was besonder bendruk met die openbare vervoerstelsel in Europa.  As blinde persoon het hy sonder sukkel altesaam sowat 1 500 km trein gery tydens sy besoek.  Geriewe soos pratende verkeersligte getuig daarvan dat dit Europers baie meer bewus is van die behoeftes van gestremde persone, s hy.

Mnr Steyn was een van vyf studente wat via Fotim gekies is om aan die program deel te neem. Van die kriteria waaraan die kandidate moes voldoen, is dat hulle nie finalejaarstudente moes wees nie, dat hulle goeie ambassadeurs vir hul universiteite en vir die land moes wees, en dat hulle nog nie vantevore buite Suid-Afrika gereis het nie.




Hendrik Steyn met programorganiseerder, Barbara Owen.



Hendrik Steyn en programorganiseerder, Marion Schmitt, geniet die sneeu tydens 'n onlangse besoek aan Tbingen, Duitsland.



