NWU ontvang R7,2 miljoen vir onderwysbeurse






NWU ontvang R7,2 miljoen vir onderwysbeurse

As deel van hul Fundza Lushaka-beursprogram vir Onderwysstudente het die Department van Onderwys R7,2 miljoen aan die Noordwes-Universiteit toegewys.

Teen R40 000 per student sal dit 180 studente in staat stel om aan die NWU te studeer.

Die Departement van Onderwys het landswyd R120 miljoen vir die Fundza Lushaka-program vir 2007/2008 bewillig, en 'n totaal van R700 miljoen vir die program vir die driejaartydperk 2007/2008  2009/2010. Die doel van die program is om in die nasionale behoefte aan goeie onderwysers in prioriteitsareas te voorsien.

Die keuring van beurshouers sal deur die NWU gedoen word, in samewerking met die provinsiale Departement van Onderwys. Die toepaslike programme is: BEd, Nagraadse Onderwyssertifikaat, en BA/BSc/BCom/BTech-grade in vakke wat toelating gee tot NGOS.

'n Fundza Lushaka-beurs dek die student se registrasiefooi, klasgeld, boekegeld, reiskoste, verblyfkoste in 'n koshuis of ander goedgekeurde akkommodasie, en etes. Dit word van studente verwag om n hul opleiding in staatskole onderrig te gee kragtens die dienskontrak wat deel uitmaak van die beursooreenkoms.

Die beurse word deur die Nasionale Finansile Hulpskema vir Studente (NFSAS) geadministreer.

