NWU Mafikeng ondersteun jong entrepreneurs






NWU Mafikeng ondersteun jong entrepreneurs

MAFIKENG  Die departement vervoer en ekonomie in die fakulteit handel en administrasie aan die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs n onwikkelingseenheid vir jong entrepreneurs tot stand gebring.

Hierdie eenheid, wat bekend staan as die Youth Entrepreneurial Development Unit (YEDU), beoog om 'n voorkeur-sakefasiliteringseenheid te word wat potensile sakeondernemings vanaf hul kinderskoene tot uiteindelike korporatiewe prestasie sal lei.

Die eenheid sal 'n multidimensionele, omvattende, dinamiese en effektiewe sakefasiliteringseenheid aan die Noordwes-Universiteit skep en in stand hou. Die uiteindelike doelwit is om 'n omvattende verskeidenheid dienste aan potensile toetreders tot die korporatiewe wreld te lewer. Dit sal gedoen word deur opleiding, fisiese bystand en toegang tot egte netwerkgeleenthede te voorsien en daardeur ook wedersydse verhoudinge met die gevestigde korporatiewe sektor in die Noordwes-Provinsie en uiteindelik ook Suid-Afrika te bevorder.

