NWU Potchefstroom spog met top junior atlete








NWU Potchefstroom spog met top junior atlete

POTCHEFSTROOM  Die Noordwes-Universiteit se Dreamveldt-atletiekklub op die Potchefstroomkampus het weer 'n goeie oes van top junior atlete ingeskryf en sal sy status as die beste klub in die land kan verdedig.

Een van die sterre in die groep is die gewigstoter Simone du Toit, wat die SA junior en senior kampioen is en ook verlede seisoen die goue medalje by die Wreld-jeugkampioenskap gewen het. Nog n topatleet is Nol Meyer wat ook Wreld-jeugkampioen in spiesgooi was en binnekort in senior geledere sy stem behoorlik dik gaan maak.

Pieter Botha het ook aan die Wreld-jeugkampioenskap deelgeneem en is 'n uiters belowende 400 m-hekkiesatleet wat onder die afrigting van Ria van der Berg die wreld aan die brand gaan hardloop. Dayne Lekay was verlede seisoen die tweede beste junior naelloper in die land. Hoogspringer Pieter Smith spog met die beste hoogte in sy item verlede jaar (2,10 m).

Die veldatleet Louis Botha het al oor die 16 m gestoot en sy 48,68 m in die diskus is ook nie te versmaai nie. Pieter van Gent is in beheer van die afrigting vir gewigstoot en diskus. Hy sal ook vir Pieter van Deventer (50,40) onder hande neem.

Die Afrika-jeugkampioen oor 100 m (11,60), Thandi Mngwevu, het ook by die PUK-kampus ingeskryf en afrigter Owen van Niekerk glo sy gaan vanjaar nog vinniger hardloop.

Ferney Kitshoff is 'n baie belowende spiesgooier wat al die magiese 70 m-grens oorskry het en sal onder die sweep van Terseus Liebenberg vanjaar sekerlik die 75 m-grens toets.


Vier van die uitstekende junior atlete wat vanjaar by die NWU-PUK-atletiekklub aangesluit het is Nol Meyer, Simone du Toit, Pieter van Deventer en Ferney Kitshoff. Foto: Piet de Jager

