NWU deel van projek met Nguni-beeste








NWU deel van projek met Nguni-beeste

In 'n gesamentlike onderneming, ter waarde van ongeveer R2 miljoen, van die Noordwes-Universiteit, die Departement van Landbou, Bewaring en Omgewing in die Noordwesprovinsie en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika (NOK) is 96 Nguni-beeste aan vier opkomende swart boere oorhandig.

Tydens 'n seremonie wat op Vrydag, 20 Januarie by Machavie-plaas buite Potchefstroom gehou is, is 24 beeste ter waarde van R247 000 aan elke boer oorhandig.

Hierdie inisiatief is reeds in Februarie 2006 van stapel gestuur met die oog op die hervestiging van die geharde Nguni-beesras in die provinsie.

Die rol van die NWU, en in die besonder van die Skool vir Landbou in die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie aan die Mafikengkampus, sal wees om tegniese en wetenskaplike kundigheid by te dra en opleiding te verskaf ten einde die vier boere in staat te stel om kommersile boere te word.

Die NWU sal op sy beurt ook uit hierdie projek voordeel trek, aangesien die landboustudente die beeste tot hulle beskikking sal h vir hul navorsingsprojekte. 



'n Paar van die 96 Nguni-beeste wat aan opkomende boere oorhandig is.



